Bok vir sports (moenie jou skoonma aanvat nie)

Go down

Bok vir sports (moenie jou skoonma aanvat nie)

Pos  verewigBoerSeun on Wed Mar 31, 2010 12:15 am

Skoonma se wraak is bra soet!
2010-03-30 01:22


Abrie Burger


As jy dit uitdeel, moet jy dit kan vat ook.

Dít moes mnr. Anton Barnard (47) van Bloemfontein Saterdag leer toe hy die koerant oopslaan – en ’n foto van homself geklee in vroue-onderklere op die geklassifiseerde bladsye van Volksblad sien.

Dit was sy skoonma se wraak nadat hy in Desember dieselfde uitrusting gebruik het om haar ’n streep te trek.

Barnard het Saterdag verjaar. Sy skoonma, me. Martie Steyn (74) van Kimberley, het ’n foto van hom, geklee in sy dogter se bra, onder Volksblad se gelukwensingsadvertensies geplaas. Sy selfoonnommer was onderaan die foto met die woorde “bel my, asseblief”.

Volgens Barnard het sy skoonma dié foto en advertensie geplaas omdat hy haar verlede Kersfees die skrik op die lyf gejaag het toe hy in die einste kleredrag, waarmee hy in Volksblad verskyn het, by haar woonstelblok in Kimberley opgedaag het.

Barnard het sy skoonma vir ete gaan haal en buite die motor gestaan terwyl hy die toeter geblaas het.

“Toe sy my sien, was sy so skaam dat sy by iemand anders se woonstel ingehardloop het. Die mense het vir haar gelag.

“Daarna het sy aan my gesê ‘ek gaan jou terugkry’. Saterdag was dit sulke tyd,” sê Barnard. Hy vermoed sy dogter het die foto by die woonstel geneem.

Anton sê hy het sedert die advertensie sowat 200 oproepe en 50 SMS’e ontvang van mense wat hom gespot het. Sommige van dié mense het gesê hulle is gay.

Hy het geweet daar is fout toe hy om 06:00 ’n oproep van ene Nadia, wat hy nie ken nie, ontvang het wat hom gelukgewens het.

Sy vrou, wat deelgeneem het aan die poets, het opgestaan om die koerant te gaan koop en dit is toe dat hy die foto gesien het.

“Dit was ’n samesweerdery!” skerts Barnard.

Hy sê van 09:00 af het die foon onophoudelik begin lui en het die SMS’e begin instroom.

Hoewel baie mense die josie in sou gewees het, sê Barnard dat hy alles in ’n goeie gees aanvaar het. Hy was geensins geïrriteerd met enige van die oproepe wat hy ontvang het nie.

Barnard het die hele affêre as groot pret afgemaak.

http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/8e9e6124c54f428faeac81fa42670d80/30-03-2010-01-22/Skoonma__se_wraak_is_bra_soet!

_________________
n Volk met n visie is n Volk met n toekoms, n Volk met n begeerte is n Volk wat oorleef, n Volk in Jesus is n Volk met lewe, Handel in die geloof tot eer bewys aan God, Vertrou op God deur jou dade aan Hom op te dra.
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 50
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.