Anc sien munisipale dienste as n grap

Go down

Anc sien munisipale dienste as n grap

Pos  verewigBoerSeun on Wed Mar 31, 2010 12:27 am

Kriminele klagte teen dorp
2010-03-28 00:29


Mnr. Pine Pienaar staan in ’n gat in ’n pad in die middedorp waar stormwater afgelei moet word. (Foto’s: Nasief Manie)


Llewellyn Prince

Die munisipaliteit van Philips­town in die Noord-Kaap kan die eerste in Suid-Afrika word wat weens swak dienslewering voor ’n strafhof gedaag word.

Vuisvoos belastingbetalers van dié geboortedorp van die bekende Afrikaanse skrywer en digter,

I.D. du Plessis, het onlangs twee klagte van bedrog teen die Renosterberg-munisipaliteit by die polisie ingedien.

Philipstown vorm deel van dié munisipaliteit.

Rapport verneem die polisie se handelstak in Kimberley ondersoek die klagte.

Die Philipstown-belastingbetalersvereniging (PBBV) sê dié drastiese stap was die laaste uitweg.

Hulle kon nie verder toekyk hoe die dorpie uitmekaarval sedert die ANC dit vier jaar gelede oorgeneem het nie.

Rapport verneem dié munisipaliteit, wat sowat 55 km van De Aar is, kan binne ’n maand in duie stort omdat dit tans:

* nie geld het vir brandstof vir diensvoertuie nie;

* nie geld het om gloeilampe vir straatligte te koop nie;

* geen brandbestrydingsdienste het nie;

* die dorp se water gereeld afsny;

* toelaat dat slaggate in paaie vererger en historiese geboue verval;

* gronddamme gebruik om onverwerkte rioolwater te stoor wat in die ondergrondse drinkwaterbronne kan insypel;

* agterstallig is met sy Eskom-kragrekening; en

* geen welsynsdienste het nie.

Die munisipale bestuurder sê egter dienslewering is ’n prioriteit en dat die PBBV-lede ’n rassistiese houding het.

Past. Dennis Palm, PBBV-sekretaris, sê hul lede verteenwoordig alle inwoners.

“Die bedrogklagte handel oor foutiewe diensterekeninge wat aan inwoners gestuur word vir dienste wat nie gelewer is nie, sowel as miljoene rande waarvoor die munisipaliteit volgens die ouditeur-generaal nie rekenskap kan gee nie.”

Palm sê die dorp se probleme word vererger deur mnr. Mangaliso Nthini (33), die munisipale hoof op Philipstown.

“Hy het net st. 8 en gedra hom soos Julius Malema deur ’n skrikbewind te voer.

“Ons het reeds klagtes van crimen injuria teen Nthini ingedien nadat hy van ons gevloek het.

“Verlede week het hy selfs boompies langs die hoofpad uitgeruk wat inwoners geplant het om die dorp te verfraai.” (Lees Nthini se reaksie onderaan dié artikel).

Volgens Palm word die publiek uit die munisipale kantore geboender as hulle navraag doen oor diensterekeninge.

Palm sê hulle het op 1 Februarie ook ’n dispuut met die munisipa- liteit verklaar en betaal sedert- dien hul dienstegelde in ’n trustrekening in.

“Die munisipaliteit is ook op die regering se lys van mees kwesbare munisipaliteite met geldelike probleme.”

Mnr. Pine Pienaar, PBBV-voorsitter, sê “onaanvaarbare sakepraktyke, nepotisme, wanbestuur van geld, die misbruik en verwaarlosing van bates en die aanstelling van onbevoegde mense in poste” veroorsaak die munisipaliteit se ondergang.

Mnr. Tom Mbombo, PBBV-lid, sê: “Ons veg vir geregtigheid vir alle inwoners (sowat 2 500) ongeag hul politieke affiliasies. Dit gaan oor swak dienste wat elkeen van ons ervaar.”

Mnr. Mzamo Mtubu, munisipale bestuurder, sê hy het gehoor van die kriminele klagte en gaan dit teenstaan.

“Ons het ’n aksieplan om die munisipaliteit reg te ruk. Die foutiewe rekeninge is weens ’n nuwe rekenaarstelsel.

“Ons het ook, soos alle ander munisipaliteite, geldelike probleme.

“Ons prioritiseer egter dienslewering.

“Hier is ook ’n negatiewe houding deur sekere inwoners dat ons as swart leiers ongeskik is vir dié poste.”


Nthini sê:

Philipstown se “Julius Malema” doen glo net sy werk.

Mnr. Mangaliso Nthini (33) ontken dat hy inwoners viktimiseer of gevloek het.

Hy erken hy het die boompies laat uitruk omdat hulle nie sy toestemming gevra het nie.

“Hulle (die PBBV) is duidelik ontevrede omdat ek as ’n swart man nou hier in beheer is.

“Die PBBV erken nie die ontwikkeling wat ons na die dorp bring nie.

“Die manier hoe hulle die kwessies opper, spreek duidelik van rassisme. Ek weet nie wat hulle probeer doen nie, maar ek sal nie terugstaan en nie doen wat ek aangestel is om te doen nie.

“Ek is in beheer van alles wat op Philipstown gebeur, want ek moet daaroor by die munisipale bestuurder antwoord.

“Ek is nog net twee maande in die pos – hoe kan mense in so ’n kort tydperk sê ek is ongeskik daarvoor? Die meeste inwoners is egter gelukkig met wat ons doen.”

- Rapport[img][/img]

_________________
n Volk met n visie is n Volk met n toekoms, n Volk met n begeerte is n Volk wat oorleef, n Volk in Jesus is n Volk met lewe, Handel in die geloof tot eer bewys aan God, Vertrou op God deur jou dade aan Hom op te dra.
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 51
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Re: Anc sien munisipale dienste as n grap

Pos  Hendrik Muller on Thu Apr 01, 2010 9:22 pm

Ons kan maar net se
ja die ka---=

Boere Groete
Hendrik
avatar
Hendrik Muller
Burger
Burger

Aantal posstukke : 54
Join date : 2010-03-19

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.