ANC ‘skynheilig oor plaasmoorde’

Go down

ANC ‘skynheilig oor plaasmoorde’

Pos  Admin on Mon Apr 05, 2010 12:22 pm

ANC ‘skynheilig oor plaasmoorde’


2010-04-05 01:21

Fanie van Rooyen
Johannesburg
- Pres. Jacob Zuma moet hom en die ANC nou ondubbelsinnig distansieer
van “opswepende liedjies wat wit Afrikaanse boere by name vir doodslag
teiken”.

“Dit is lank nie meer die tyd vir rassisme in
Suid-Afrika nie, dit is tyd vir vrede en verdraagsaamheid,” het mnr.
Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit en voorsitter van
AfriForum, gister op ’n nuuskonferensie in Centurion gesê.

Die politieke klimaat in Suid-Afrika het volgens hom “ná die soveelste barbaarse moord” kookpunt bereik.

Solidariteit en AfriForum gaan die Verenigde Nasies (VN) se Genocide Watch vra om die situasie in die land te monitor.

“Hoe
tragies die moord op mnr. (Eugène) Terre’Blanche ook al is, is die
probleem baie groter as die verwerplike moord op ’n bekende politikus,”
het Buys gesê.

Geweldsmisdaad in die land is volgens hom erger as in sommige oorlogsgebiede.

“Suid-Afrikaners is keelvol vir geweld en ekstremiste wat ’n geweldsklimaat aanblaas met opswepende uitsprake en liedere.

“Die
moord op Terre’Blanche, iemand met wie ons polities totaal verskil het,
is net nog ’n bewys van die noodsaak vir sterk leierskap deur die
president.”

Die moord is volgens Buys ’n teken van die
“potensieel moorddadige gevolge” van die ANC se ondersteuning van mnr.
Julius Malema, ANC-jeugleier.

Buys het gesê sedert 1994 is
tussen 2?000 en 3?000 mense in die land reeds op hul plase vermoor. Dis
baie hoër as die land se gemiddelde en onvergelykbaar hoër as die sowat
12 moorde tot dusver op wit boere in Zimbabwe.

“Hoewel ons
Zuma se sterk veroordeling van die moord op Terre’Blanche verwelkom,
bots dié veroordeling lynreg met Zuma en die ANC se voortgesette steun
vir die liedjie Dubulu ibhunu waarin daar gesing word ‘Skiet die
boer’.”

Hy het gesê dit is skynheilig van die ANC om aan
die een kant te sing en te dans op die maat van ’n liedjie wat
rassemoord besing, maar aan die ander kant die moorde wat uit dié
klimaat voortspruit, te veroordeel. Die ANC moet volgens Buys “finaal
besluit” of Suid-Afrika ’n grondwetlike demokrasie of ’n rewolusionêre
staat is.

Hy het gesê Malema se “uittartende” besoek aan
Zimbabwe, en die ANC se stilswye oor sy besoek aan hierdie “mislukte
staat wat teen die grond regeer is”, bekommer almal wat die land se
belange op die hart dra.

Buys het ’n aksieplan bekend
gemaak waarmee AfriForum en Solidariteit hoop om “die huidige spanning
en rassepolarisering” op te los.


- Die Burger

http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/7c880ef15df94c21938b6685e1b52f74/05-04-2010-01-21/ANC_%E2%80%98skynheilig_oor_plaasmoorde%E2%80%99

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.