Boere uiters besorgd ná moord op ET

Go down

Boere uiters besorgd ná moord op ET

Pos  Admin on Mon Apr 05, 2010 12:28 pm

Boere uiters besorgd ná moord op ET
2010-04-05 01:21

Lizel Steenkamp
Kaapstad - “Suid-Afrika is siek!”


het ’n emosionele mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die
landbou-organisasie TLU-SA, gister gereageer op die wrede moord op mnr.
Eugène Terre’Blanche, AWB-leier en boer.

Die organisasie
het reeds vyf keer met pres. Jacob Zuma vergader oor hul vrees dat die
ANC-jeugliga se uitsprake die landbougemeenskap “destabiliseer”.

“Maar
daar word níks gedoen om die probleem intern (binne die ANC) te besweer
nie. Nie een sal vir Malema (mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier) sê om
op te hou nie,” het Van Zyl gesê.

TLU SA se dagbestuur
vergader môre oor die “bedreiging” wat die regering se dubbelpratery
oor grondhervorming, die “Kill the Boer”-lied en toenemende
rassespanning vir boere inhou. Volgens hulle het plaasmoorde toegeneem
sedert Malema die lied by openbare byeenkomste sing.

Agri
SA het in ’n meer gematigde reaksie ’n beroep gedoen op Zuma om vrese
binne die boerderygemeenskap te besweer en hom baie sterker teen
plaasaanvalle uit te spreek.

Mnr. Johannes Möller,
president van Agri SA, het Terre’Blanche se dood as “net nog ’n
tragiese plaasmoord” beskryf en gemaan dat mense moet kalm bly.

Volgens hom is daar nie ’n “sigbare verband” tussen die strugglelied en die moord nie.

“Maar
‘Kill the Boer’ maak ons uiters ongemaklik. Dit kan lei tot aanvalle op
boere. Ter wille van nasiebou moet politici hiervan wegbly.”

Möller
het gevra dat Zuma die gebrek aan dissipline binne die ANC herstel en
politici moet kennis neem van die invloed wat hul uitsprake het.



- Die Burger

http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/719fd8b9b9cd4f1eb4d68ea77c45098c/05-04-2010-01-21/Boere_uiters_besorgd_n%C3%A1_moord_op_ET

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.