Soccer wêreld beker 2010

Go down

Soccer wêreld beker 2010

Pos  verewigBoerSeun on Wed Mar 17, 2010 2:44 pm

Minister wil 2 boewe kry wat op TV sê oor sokker
2010-01-18 01:36

Virginia Keppler & Sapa

Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het ’n dringende ondersoek gelas om twee selferkende misdadigers – wat in ’n nuusprogram gedreig het om mense gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi te beroof, te skiet en te vermoor – aan te keer.

Mthethwa het Beeld gister per SMS verseker dat dié ondersoek reeds begin is.

Beeldmateriaal van die misdadigers is Vrydag oor e.tv uitgesaai en daarin onthul hulle hul onwettige aktiwiteite. Hul identiteit word verbloem. Albei het gesê hulle beplan om gewapende rooftogte uit te voer en moord te pleeg gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Mthethwa het gesê die misdadigers regverdig hul optrede deur te sê hulle sien dit as ’n terugbetaling vir foute wat kolonialiste in die verlede gemaak het.

Hy het gesê dit is duidelik die skurke is van plan om mense te beroof, te skiet “en as dit nodig is om enige wetstoepasser of lid van die publiek wat probeer om hulle te keer te vermoor”.

“Ons doen ’n beroep op die publiek, insluitend e.tv, om die polisie te kontak met enige inligting wat kan help om die misdadigers aan te keer.

“Ons beskou dié dreigemente as ernstig, maar ons kan Suid-Afrikaners verseker dat ons nie sal toelaat dat die skurke die Wêreldbeker-toernooi ontspoor nie,” het Mthethwa gesê.

Volgens hom is dit tot dusver die “eerste en enigste dreigement” wat verband hou met die toernooi.

“Indien daar wel nog kop uitsteek, sal ons die publiek kan verseker dat die polisie vinnig en spoedig sal optree.”

Hy het gesê die misdadigers het reeds afdeling 1(b) van die Wet op Intimidasie oortree wat ’n maksimum boete of tien jaar tronkstraf kan beteken.

- Beeld



http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/d5422055a96747ac8db9ce05b2e9bfb2/18-01-2010-01-36/Minister_wil_2_boewe_kry_wat_op_TV_s%C3%AA_oor_sokker
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 51
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Is daar veiligheid en vir wie sal dit wees

Pos  verewigBoerSeun on Wed Mar 17, 2010 2:49 pm

Veiligheid by sokker gaan hoë eise stel
2010-01-12 02:28


Die aanval op die Togolese sokkerspan in Angola is ’n tydige waarskuwing aan Suid-Afrika om gereed te wees vir haas enige gebeurlikheid met die aanbied van die Wêreldbeker-sokkertoernooi later vanjaar.

Dit spreek egter van onkunde en growwe veralgemening van sommige van die buitelandse media om ’n lyn van die aanval in Angola na die Wêreldbeker-toernooi in Suid-Afrika te trek.

Die aanval op die Togolese span in Angola se noordelike provinsie Cabinda moet in perspektief gesien word.

Die Cabinda-enklawe is die rykste olie-gebied in Angola en voer al dekades ’n gewelddadige stryd om van Angola af te skei. Dit was uiters dwaas van die Togolese span om per bus deur Cabinda na die Afrikabeker-toernooi te ry.

Die bus is deur separatistiese rebelle in Cabinda aangeval kort nadat die bus Cabinda binnegery het.

Suid-Afrika is ’n stabiele demokrasie – met gebreke – maar die situasie hier is nie naastenby vergelykbaar met dié van Cabinda en Angola nie. Hier is nie tans ekstremistiese groepe of rebelle wat ’n beduidende gevaar inhou nie. Die persepsie van baie in die res van die wêreld is egter dat daar nie veel verskil is tussen Suid-Afrika, Angola of die Kongo nie.

Suid-Afrika het al groot sporttoernooie suksesvol aangebied. Die grootste een nóg gaan hoë eise aan die land stel.

Enersyds is daar die bedreiging wat letterlik tientalle ekstremistiese en terreurorganisasies inhou. Vir dié organisasies is die Wêreldbeker-toernooi ’n ideale geleentheid om die aandag op hulle te vestig met die een of ander daad van terreur.

Andersyds is daar Suid-Afrika se interne probleme soos misdaad, diensleweringsproteste en onbetroubare vervoer wat negatiewe publisiteit kan verleen.

Daar is geen waterdigte versekering teen terreur nie. Magtige lande soos die VSA en Brittanje sukkel om dit met die beste tegnologie en byna onuitputlike bronne te bestry. Nogtans sal Suid-Afrika alles in sy vermoë moet doen om die toernooi so veilig moontlik vir besoekers, én die land se inwoners, aan te bied.


http://www.beeld.com/Content/Opinie/HoofArtikels/1964/0787c4b446214478a99d16b88880bb50/12-01-2010-02-28/Veiligheid_by_sokker_gaan_ho%C3%AB_eise_stel
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 51
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.