Afrikaners sê Bafoona Bafoona Boere sê Baboona Baboona

Go down

Afrikaners sê Bafoona Bafoona Boere sê Baboona Baboona

Pos  verewigBoerSeun on Wed Mar 17, 2010 2:55 pm

WB-sokker gee Afrikaners ’n
deur Nadenker

2009-12-15 08:00

Clint Eastwood se fliek Invictus wys nou in ons teaters. Mens kan maar net nie help om met trots terug te dink aan 1995 se Wêreldbeker-rugbytoernooi en Francois Pienaar wat die trofee opgelig het nie.

Wat ’n wonderlike dag! Veral vir rugby-ondersteuners. Maar wat die dag selfs merkwaardiger gemaak het, was Madiba se bereidwilligheid om ’n beeld van versoening daar te stel. Om ’n Springbok-trui aan te trek, en te jubel met arms in die lug, was om in my wêreld te tree as Afrikaner, om my as medemens te aanvaar en te sê ek maak ruimte vir jou en wat belangrik is vir jou – al moes ek vir 27 jaar my menswaardigheid prysgegee het.

Volgende jaar is die Wêreldbeker-sokkertoernooi in ons midde. Hoe die Afrikaners oor die algemeen hieroor voel, weet ek nie. Miskien is dit te volksvreemd vir sommige, miskien walglik vir andere wat dit as “hulle” sport sien, of miskien bestaan daar meer as net nuuskierigheid hier en daar. Wat ook al jou gevoel, die Wêreldbeker-sokkertoernooi bied ons ’n gulde geleentheid, en laat ek dit so stel, ’n uitdaging aan die Afrikaner.

Kan jy vir ’n tydperk ’n “vreemde” trui aantrek, vir ’n tydperk die Springbok vervang met die trui van Bafana Bafana? Kan jy vir jou medemens gevoel hê, hul vreemdheid en andersheid tersyde plaas en sê ek aanvaar jou, maak ruimte vir jou en wat belangrik is vir jou? Dit kos ons nie ons menswaardigheid nie, net ’n verandering in ons denke.

Daar is niks, behalwe hardkoppigheid, selfregverdiging, en ’n gevoel van meerwaardigheid wat in ons pad staan om versoening te bewerkstellig nie. Om ’n Bafana Bafana-trui aan te trek sal ’n tree in die regte rigting wees om wonde te genees.

Hoe so? Dit is onder meer om ’n uitnodiging te kommunikeer dat ek “hulle” deel van my lewensruimte maak. Wen of verloor, “hulle” span word “ons” span.

Ek voel saam met “hulle” want ek stel belang en bemoei myself met “hulle” as mense wat dieselfde dinge uit die lewe wil hê as ek. So ’n bietjie vreugde. So ’n bietjie geluk. So ’n bietjie trots. So ’n bietjie menswaardigheid.

Ek skep geleenthede om brûe te bou, mure af te breek, en in die proses ondervind ek ’n genesing van my eie siel.

Kan ons dié uitdaging aanvaar, of is Madiba nog steeds te groot vir ons?

Die alternatief is tog vervreemding en voortsetting van rassespanning, en wie weet waar hierdie pad sal eindig.


http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/7befcf1161cc4d27a35aa1840cd1b3dd/15-12-2009-08-00/WB-sokker_gee_Afrikaners_%E2%80%99n

Ek verruil nie my Vlag die BBB vlag vir n waffer vlag nie
en my skietbaatjie nie vir n baboona baboona trui nie
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 50
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.