Wildsplase die begin van die einde

Go down

Wildsplase die begin van die einde

Pos  Admin on Thu Mar 18, 2010 10:33 am

Hierdie gaan net n intree stappie wees. Daarna sal elke Boer sy plaas aan Nasionalisering moet afstaan


Wildplase in staat se visier
2010-03-17 22:40


Pieter du Toit

Kaapstad. – Wildplase in Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap is in die regering se nasionaliseringsvisier omdat súlke landboubedrywighede nie ’n bydrae tot voedselsekerheid lewer nie.

Boere wat egter álle grond tot hul beskikking behoorlik bewerk, het niks van die staat te vrees nie omdat dit “dom” sal wees om daarby in te meng.

So het dr. Joe Phaahla, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, en mnr. Thozi Gwanya, dié departement se direkteur-generaal, gister te midde van toenemende ontsteltenis in die landbougemeenskap oor die regering se omstrede “grondnasionaliseringsplanne” gesê.

Hulle het dit ná ’n vergadering met die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge – waar die departement weens gebreklike finansiële bestuur geroskam is – duidelik gemaak dis moreel onverdedigbaar dat baie mense sonder grond is terwyl sommiges derduisende hektaar besit.

Hoewel die departement se veelbesproke strategiese plan slegs voorstelle bevat, sê Phaahla en Gwanya nuwe denke oor grondhervorming is nodig.

Phaahla het verduidelik die regering moet die reg op toegang tot grond in ewewig met eiendomsregte bring.

Hy het aangedui die gedagte om art. 25 aan te pas, spruit daaruit dat te veel klem dalk op eiendomsreg gelê word ten koste van almal se reg op grond.

Hy het ook verduidelik ’n presedent oor die voogdyskap van natuurlike hulpbronne is met die wet op ontwikkeling van minerale en petroleum-hulpbronne geskep.

“Daarvolgens behou die staat sy regte op hulpbronne; dit het mynhuise nie afgeskrik nie.

“Daar is grondhonger mense en daar is mense met reuse-stukke grond waarop niks gebeur nie. Is dit moreel reg? Ons moet formules ontwikkel om te bepaal of grond optimaal aangewend word.”

Gwanya kon nie duidelikheid gee oor hoe bepaal word wat die optimale benutting van grond behels of hoeveel bewerkbare landbougrond tans braak lê nie.

“Dit is ’n probleem en kommerwekkend dat saaiboere hul plase in wildplase omskep of aan ontwikkelaars verkoop. Dit lei tot ’n afname in produksie.”

Dié uitlatings volg op ’n rits krisisvergaderings in die landbougemeenskap die laaste dae waarop boere hul ergernis oor die regeringsplanne uitgespreek het.

Dr. Theo de Jager, visepresident van AgriSA, sê hy weet van noodvergaderings in al nege provinsies. “Dis moeilik om boere positief te hou met al die onsekerheid in die lug.”

Dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, moes op sy beurt eergisteraand gemoedere tydens landbouvereniging-vergadering op Malmesbury kalmeer.

“Boere is bang vir die Zimbabwe-roete. Ons kry bekommerde navrae van oral oor.”

Adv. Nikki de Havilland, direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sê verwysings na art. 25 maak dit duidelik die regering se plan is nie gemik op voedselsekerheid nie, maar eiendomsregte.

“As hulle oor voedselproduksie bekommerd was, sou dit nie nodig gewees het om na ‘produktiewe landboubedrywighede’ te verwys nie en kon dit suiwer op die mislukte grondhervormingsproses gemik word.”

Wat sê die regering?

Mnr. Joe Phaahla, adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming:

“Ek weet nie waaroor boere bekommerd is nie. Niemand dreig om hul plase af te neem nie, niemand nie.

Geen wet het verander nie, die Grondwet het nie verander nie, geen beleid het verander nie. Al wat ons sê, is dít: Kom ons praat oor die uitdagings van grondhonger en toegang tot voedselproduksie.

Waarom sal iemand sê: ‘Ek kan nie meer boer nie, want daar word ’n debat gevoer?’

Daar is geen beleidsverandering nie. Die boodskap is dus: Daar is niks om voor bang te wees nie; mense moet aanhou produseer, die land en sy mense bly dankbaar teenoor die boere wat die nasie voed.”

Mnr. Thozi Gwanya, direkteur-generaal van die departement: “Moet boere byvoorbeeld ophou omdat daar klimaatsverandering is? Moet hulle, omdat daar vrese oor droogtes en dies meer is, ophou en sê: ‘Sjoe, ons leef in ’n aaklige wêreld?’ Nee.”

Die strategiese plan

Alle produktiewe grond sal tot nasionale bate verklaar word met ’n huurpagstelsel en oordraagbare of beperkte eiendomsregte. Dít kan lei tot ’n aanpassing van art. 25 van die Grondwet wat eiendomsregte waarborg; of

Die hersiening van die huidige verblyfsekerheidsbeleid met die oog daarop om die bestaande vorm van eiendomsregte te behou binne ’n raamwerk waarvolgens boere gekategoriseer word.

Dié opsies sal verder in die departement se groenskrif oor die regering se nuwe beleid oor grondhervorming, wat einde vandeesmaand voor die kabinet dien, uiteengesit word.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/e589ce53ccec41c69fe9c18b9cd0ba9f/17-03-2010-10-40/Wildplase_in_staat_se_visier



Boere wees gewaarsku die korrupte anc het nie meer geld om plase aan te koop nie onder die gewillige koop en koper beleid nie
hulle kan nie die wet deur kry om plaas gronde te vat nie
maar om dit te wil Nasionaliseer het hulle n oop deur om die plase te vat sonder om enige gelde daarvoor te betaal

Hierdie is die begin van Kremlin beleid
die staat besit alles wees versigtig

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Die begin van die einde vir Boere om hulle eie gronde te besit

Pos  Admin on Thu Mar 18, 2010 10:37 am

Nasionalisering van grond: ‘Ontkenning onder verdenking’
2010-03-16 23:30

Sarel van der Walt

Dit verbaas hom dat nóg pres. Jacob Zuma nóg enige van sy ministers standpunt ingeneem het oor die moontlike nasionalisering van produktiewe landbougrond, het mnr. Ben Marais, president van die landbou-organisasie TLU SA, gister gesê.

Volgens Marais het TLU SA kennis geneem van mnr. Thozi Gwanya, direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming, se versekering eergister aan ’n afvaardiging van Agri SA dat geen nasionalisering beplan word nie.

“Maar hy (Gwanya) is slegs ’n amptenaar wat beleid uitvoer, en ons sal graag van die beleidmakers ’n standpunt hieroor wou hoor.

“Bowendien was dit juis die direkteur-generaal wat die nuwe konsep aan die (parlementêre) portefeuljekomitee verduidelik het, en dit bring sy skielike ontkenning van die moontlike nasionalisering onder verdenking.”

Marais het voorts gesê só ’n nasionaliseringsprogram sal neerkom op ’n “meer beskaafde Zimbabwe-model”.

“Waar praatjies van ‘skiet die Boere, want hulle is verkragters’ beslis ’n invloed het op plaasaanvalle, sal die nasionalisering van landbougrond, ongeag of alle landbougrond of net 10% van die landbougrond genasionaliseer word, die persepsie skep by dieselfde ongebreidelde massa dat die grond ‘aan ons behoort’, en dit sal lei tot brute plaasbesettings op die Zimbabwe-wyse,” het Marais gesê.

Dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van landbou en VF+- leier, het gisteraand aan die Malmesbury-landbouvereniging gesê as ’n voorstel vir die nasionalisering van produktiewe landbougrond regeringsbeleid sou word, “sal dit teen die Grondwet wees, sal dit alle beleggers in Suid-Afrika permanent afskrik en sal dit groot onsekerheid op die platteland veroorsaak, wat weer voedselsekerheid sal vernietig”.

“Onsekerheid is die belangrikste rede waarom kommersiële plattelandse boere nie tans hul boerderye uitbrei of meer werkgeleenthede skep nie.”

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/fc8a4caab16842a8bf12e6dd083e8cc9/16-03-2010-11-30/Nasionalisering_van_grond__%E2%80%98Ontkenning_onder_verdenking%E2%80%99


Met hierdie sal ons verseker die einde sien van privaat grond eienaarskap
So nou wil die manne wat JA gestem het hulle self vervloek vir dit

selfs hulle sal nie eens meer oorsee kan vlug nie dit is nou tyd vir saamstaan en terug te vat wat ons is

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Re: Wildsplase die begin van die einde

Pos  Hendrik Muller on Sun Mar 28, 2010 10:53 am

Ek hoop dat die sokker die einde van die nsa. gaan wees. Ek weet dat die meeste van ons BOERE reg is en dat GOD saam met ons is.
Dit kan nie so aangaan nie en die enegste uitweg is nou maar oorlog.Baie sal se wat weet ons wat is oorlog! Ek was in die weermag vir my 2 jaar 1986 en 1987 so JA ek weet.

Ek kan so de-moer in word as ek lees oor die kak wat die anc aanvang.

Boere Groete
Hendrik
avatar
Hendrik Muller
Burger
Burger

Aantal posstukke : 54
Join date : 2010-03-19

Terug na bo Go down

Re: Wildsplase die begin van die einde

Pos  Sponsored content


Sponsored content


Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.