LP,s aan die neus gelei oor myne en grond

Go down

LP,s aan die neus gelei oor myne en grond

Pos  Admin on Thu Mar 18, 2010 10:46 am

Agterdog verdiep oor grond-, myn-nasionalisering
2010/03/18 08:40:00 AM Jean-Marie de Waal


Kaapstad. - Opposisie-LP’s vrees die ANC-regering lei hulle om die bos oor die nasionalisering van myne en landbougrond.

Dr. Hendrik Schmidt (DA) van die portefeuljekomitee vir minerale bronne, het gister daarop aangedring dat die departement van minerale bronne parlementslede in die oë moet kyk en sê of daar énigsins sprake is van nasionalisering, hetsy verberg in die departement se strategiese plan óf in gesprekke tussen amptenare en hul politieke hoof.

Dít volg nadat opposisie-LP’s geskok was oor ’n besprekingsvoorstel om produktiewe grond tot nasionale bate te verklaar wat in die strategiese plan van mnr. Tozi Gwanya, direkteur-generaal van die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling, staan.

Hiervolgens word alle produktiewe landbougrond geteiken om voedselsekerheid en verblyfsekerheidshervorming te bewerkstellig.

Die plan is om die staat se benadering tot landbougrond te skoei op die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleum-hulpbronne van 2002, wat die staat voogdyskap oor mineraleregte gee.

Tydens verlede week se voorlegging aan die komitee vir grondsake en landelike ontwikkeling het Gwanya verduidelik die voorstel gaan oor grond wat nie produktief gebruik word nie en meestal in die besit van grondbegunstigdes is.

Pres. Jacob Zuma het onlangs gesê die beleid oor minerale en die mynwese maak nie voorsiening vir die nasionalisering van mynbates nie, maar dit keer nie die staat om aktief by die mynwese betrokke te wees nie. Op sy staatsbesoek aan Brittanje moes hy beleggers hiervan oortuig.

Mnr. Thabo Gazi, waarnemende adjunk-direkteur-generaal van mineraleregulering by die departement, het beklemtoon nasionalisering is nie regeringsbeleid nie.

Debatte hieroor woed egter in die burgerlike gemeenskap.

“Eers wanneer ons op die punt kom waar beleid opgestel word (oor nasionalisering) sal ons dié kwessie bespreek,” het mnr. Fred Gona, ANC-voorsitter van die komitee, gesê.

Sedert die promulgering van die wet is om sowat 24 000 prospekteer- en mynregte aansoek gedoen. Die meeste is in Limpopo (4 393), Mpumalanga (4 700), Noordwes (4 509) en die Noord-Kaap (4 265). In die Wes-Kaap is 1 096 toegestaan. Gazi het beklemtoon die staatsbeheerde mynmaatskappy gaan sy aansoek om prospekteerregte in die Bottelary-gebied naby Stellenbosch en aan die voet van Tygerberg, terugtrek. Dit is ondanks briewe aan grondeienaars wat die teenoorgestelde sê.


http://www.sake24.com/articles/default/display_article.aspx?ArticleId=6-1607_2576539

Ek wonder wat ou Oppenheimer sê oor die moontlikheid dat jy sy myne kan verloor want as dit eers onder nasionalisering is is dit soos en met totsiens dit word n waffer sin

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.