Wat gaan die lont vir die volk aansteek wanneer is genoeg te veel

Go down

Wat gaan die lont vir die volk aansteek wanneer is genoeg te veel

Pos  verewigBoerSeun on Thu Mar 18, 2010 10:17 pm

Haatspraak is die lont vir volksmoord
2010-03-17 23:09
Amanda Gouws

’n Paar dae gelede was daar ’n oorwinning vir die Grondwet en gelykheid in die gelykheidshof toe landdros Colleen Collins vir Julius Malema skuldig bevind het aan haat­spraak weens sy uitlatings oor die vrou wat pres. Jacob Zuma van verkragting aangekla het.

Die redes wat Collins aanvoer, is van groot belang: dat Malema ’n baie invloedryke openbare figuur is, dat hierdie woorde op ’n openbare platform geuiter is en dat dit haat aangeblaas het. Anders as die ANC, wat dink Malema is net jonk en voortvarend, neem hierdie uitspraak sy uitlatings ernstig op.

Die afgelope week het Malema haatspraak geuiter teenoor me. Helen Zille (deur haar van Satanisme te beskuldig), me. Patricia de Lille (deur te sê sy lyk nie soos ’n getroude vrou nie en geen normale man sal met haar sal trou nie) en teenoor blanke Afrikaners (deur die sing van “Maak die boere dood, hulle is verkragters”). Dit gaan nie net oor boere nie, want “boer” verwys ook na Afrikaner.

Die ANC het geen opinie uitgespreek oor die uitlatings oor Zille en De Lille nie, terwyl mnr. Gwede Mantashe argumenteer dat “Kill the boer, kill the farmer” ’n bevrydingslied is en dat niemand die ANC sal stop om die geskiedenis te vereer nie. Dié stilswye en kondonering normaliseer Malema se optrede sodat mense hierdie gedrag van hom begin verwag en dit dan ignoreer of daaroor lag. Maar vir diegene wat hom ernstig opneem, beteken dit sy uitlatings is aanvaarbaar – asook die gevolge daarvan.

Ons weet Amy Biehl is doodgemaak terwyl haar aanvallers “Kill the boer, kill the farmer” gesing het. As ons haat­spraak aanvaar, skep dit ’n teelaarde vir volksmoord.

Laat ek dit illustreer met die gebeure in Rwanda voor die 1994-volksmoord. Die Hutu’s en die Tutsi’s het honderde jare in ’n geïntegreerde samelewing gewoon, in so ’n mate dat meningsverskil bestaan of hulle werklik nog as verskillende etniese groepe gesien kan word. Die Tutsi’s was die eertydse heersers. Die Hutu’s, wat deur die koloniale bewind in beheer gestel is, het dit nodig geag om ’n legitimering-strategie vir verdere magsbehoud te ontwikkel. Dit is gedoen deur ’n ideologie van die “social revolution” te begin wat ’n beleid van sistematiese diskriminasie jeens die Tutsi’s was. ’n Stelsel van etniese identifikasie wat deur die Belge ingestel is, is voortgesit. Die meeste poste in die weermag, diplomatieke diens en staatsdiens is vir Hutu’s gereserveer.

Navorsing oor volksmoord toon dat een voorwaarde daarvoor die ekonomiese en politiese marginalisering van ’n groep is. Die grootste effek op die Tutsi’s was egter die sistematiese vooroordeel wat ontwikkel het. Dit is deur voortdurende haatspraak uitgedruk. Die Hutu’s het tot ’n radiostasie begin wat heeltyds haatspraak gebesig het. ’n Analise van die uitsendings het getoon amper 5% het uit etniese beledigings bestaan, 4% het die Tutsi’s as “kannibale, towenaars, vampiere en kokkerotte” afgemaak, 4% het na die Tutsi’s se rol in ’n voorkoloniale geskiedenis verwys, en 69% was opruiende boodskappe teenoor Tutsi’s.

Wat eindelik die volksmoord ontlok het, was ’n groot ekonomiese krisis en die feit dat die lewe van kleinboere ná dekolonisering glad nie verander het nie. Die regerende Hutu’s het gereeld na die verdrukking in die verlede verwys as ’n manier om die gebrek aan ekonomiese verbeterings te regverdig. Dié normalisering van haat­spraak het eindelik daartoe gelei dat meer as ’n miljoen Rwandese in een maand vermoor is – die meerderheid Tutsi’s.

As Mantashe dus te kenne gee dat haatspraak ter wille van die geskiedenis geuiter kan word, of as De Lille argumenteer sy gaan nie tot Malema se vlak daal nie, is ons op ’n glibberige glybaan juis omdat dit sy haatspraak normaliseer.

In Suid-Afrika heers soortgelyke omstandighede: ’n geskiedenis van geweld en verdrukking, ’n ekonomiese krisis, die feit dat die lewe van die armes ná 1994 niks verander het nie en die soeke na ’n legitimering-strategie onder die Zuma-bewind. Hoewel ek geensins sê die ANC-regering beplan volksmoord nie, meen ek dat hoe langer Malema met sy haatpraatjies wegkom, hoe meer mense word daardeur beïnvloed – en dit skep ’n teelaarde vir volksmoord.

Malema gaan teen sy vonnis appelleer. Mag die hooggeregshof die belang van sy uitspraak besef.

- Die Burger



http://www.dieburger.com/Content/Rubrieke/Gasrubriekskrywers/3057/195cdb1c44ca4f2bbaf98e971d4b8d2a/17-03-2010-11-09/Haatspraak_is_die_lont_vir_volksmoord
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 50
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Re: Wat gaan die lont vir die volk aansteek wanneer is genoeg te veel

Pos  Hendrik Muller on Fri Mar 19, 2010 6:27 pm

Ek was vandag saam met die boere en daar was net sapd. lede. Die K----- was te slapgat om te kom en kon nie eers iemand stuur nie. hy kan net voor n klomp dom K------ staan en raas en nie een van hulle weet eers waaroor hy praat nie.

Jammer ek gaan so tekere op my eerste dag.

Boere Groete
Hendrik Embarassed
avatar
Hendrik Muller
Burger
Burger

Aantal posstukke : 54
Join date : 2010-03-19

Terug na bo Go down

Welkom Hendrik

Pos  Admin on Fri Mar 19, 2010 7:32 pm

Hendrik Muller skryf:Ek was vandag saam met die boere en daar was net sapd. lede. Die K----- was te slapgat om te kom en kon nie eers iemand stuur nie. hy kan net voor n klomp dom K------ staan en raas en nie een van hulle weet eers waaroor hy praat nie.

Jammer ek gaan so tekere op my eerste dag.

Boere Groete
Hendrik Embarassed

Naand Hendrik

Welkom hier by ons vBS het my gesê wie jy is en jy is meer as welkom hie
Al is jy hoog kwaad sal dit nie teen jou gehou word nie
want glo my ons is almal goed demoel in
Malema is net n grootbek wat n boereklap nodig het en wat sy snot om sy kop laat draai


welkom weer hier by ons

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Re: Wat gaan die lont vir die volk aansteek wanneer is genoeg te veel

Pos  Hendrik Muller on Sat Mar 20, 2010 8:01 am

Daar is so paar vragies wat ek by die anc wil hoor. Ons boere het nog altyd beklei teen terroriste, hulle was springkane en het aan die anc behoort. As ons nou skree skiet die sprinkaan skiet die terroriste, wat gaan die anc dan se? Ons self het baklei vir vryheid in ons land.

Wonder as daar iemand is wat die vraag vir die anc leiers kan vra of moet ons dit eers doen om te kyk wat is die reaksie, dalk die bloubulle vra om dit op hulle hemde te sit..

Boere Groete
Hendrik
avatar
Hendrik Muller
Burger
Burger

Aantal posstukke : 54
Join date : 2010-03-19

Terug na bo Go down

Re: Wat gaan die lont vir die volk aansteek wanneer is genoeg te veel

Pos  Sponsored content


Sponsored content


Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.