Brief Van Piet Skiet

Go down

Brief Van Piet Skiet

Pos  Admin on Fri Mar 19, 2010 11:08 am

----- Original Message -----
From: Piet Rudolph
Sent: Friday, March 19, 2010 8:16 AM
Subject: Geelwortel-dinees

KOMMENTAAR



ZUMA EN SY GEELWORTEL-DINEES



Jacob Zuma het blykbaar ‘n gebruik om etes en vleisbraaierye te hou en dan sommige Afrikaners en party wat hulleself Boere noem, daarheen te nooi ooglopend om te demonstreer dat hy ‘n vriend van die witmense is en alles wel is in die verhoudingspolitiek. Witmense en veral plaasboere word op strepe vermoor, verkrag en verjaag en dan word daar gevreet terwyl Suid-Afrika brand.



Ons het vrede met Zuma se poetoepap-en-sjeba-aksie. Waarteen ons dit het is hierdie sogenaamde leiers wat hulle verbeel dat hulle namens die witmense praat. Wit, omdat dit so is hoe hulle deur die ANC en sy swart potentate gesien en gepaai word.



Terwyl die grootste gedeelte van die volk besig is om honger te ly en teen hulle gediskrimineer word met Affirmative Action, terwyl daar gereed gemaak word om boere se grond te gryp; terwyl witmense op groot skaal die slagoffers van geweld word; terwyl witmense wat wou protester en ander Boere in die tronke sit, word ons gepaai met sport en hardloop die sogenaamde leiers om saam met die vyande te gaan vreet asof hulle nie kos by die huis het nie!



Steve Hofmeyr het geweier om saam te eet omdat hy deur Zuma gesien het. Hy het Zuma as vals beskryf en dat hy nog nie een van sy beloftes nagekom het nie. Daarvoor is ons Hofmeyr dankbaar. Blykbaar het die “diners” nie daarmee saamgestem nie, maar ons, die ‘uitgeslotenes’, salueer hom daarvoor.



Dit sal goed wees as hiedie “misleiers” vir die volk sê wat is nou al met al hierdie kruipery bereik. Die storie dat Zuma by hierdie geleentheid ingelig word oor ons vryheidsdrang, is doodeenvoudig praatjies vir die vaak. Die vryheidsdrang groei op die strate, nie rondom dineetafels nie. Die saamdrommery rondom papborde wys maar net die middelmatigheid van die leierskap wat ons het en waarom ons nie kan vorder nie.



Witman word wakker. Dit is opstaantyd!



Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph vir die Aksiekomitee Orde Boerevolk,



Ek wil net aan Piet sê:

Jy slaan die spyker op sy kop
solank as wat die valse volk die Afrikaners in gesprek is sal hulle net rustig terug sit en wag vir manna uit die hemel

dieselfde geld vir die Boervolk
hulle weet wat gebeur as jy in n zoeloe kraal in loop

maar ore is maar min

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.