Boere Patriotisme

Go down

Boere Patriotisme

Pos  Admin on Fri Mar 19, 2010 4:32 pm

Patriotism - The act of being loyal to or fostering positive and supportive attitudes towards one’s country, especially in periods of national turmoil, such as war and Genoicide



Patriotism is love and devotion to one's country. The word comes from the Greek patris, meaning fatherland.[1] Patriotism, however, has had different meanings over time, and its meaning is highly dependent upon context, geography, and philosophy.

http://en.wikipedia.org/wiki/Patriotism



......................................................................................

Boere patriotisme volgens my is die liefde vir ons God, volk en vaderland. Die willendheid om alles op te offer daarvoor.



Hoe patrioties is ons? Dit is in ‘n mate nie ons skuld, dat die leiers wie ons aangewys het, die land op ‘n skinkbord weggegee het nie.



Dit is egter heeltemal ons skuld dat ons toelaat dat dit wat tans gebeur, gebeur.


Liefde vir Die Almagtige God wat hemele en Aarde geskape het

Indien ons Hom onvoorwaardelik liefhet, sou ons toelaat en toekyk hoe alle wette en gebooie wat Hy vir ons gegee het, verbreek en vertrap word? Ons laat dit toe. Hier en daar klink ‘n vae protes stemmetjie op. Ons as volk is nie meer Sy gemeente nie. Ek verwys nie na ‘n kerk, ‘n gebou of ‘n plek nie. Ons moet vir Hom ‘n bruid wees. Sal ‘n man sy vrou hou wat heeltyd sleg is vir hom, en wat hom nie goed behandel nie? Indien ons net kon saamwerk as ‘n volk, as ‘n gemeente, dan sou ons as ‘n eenheid kon opstaan teen al hierdie ongeregtighede en sedelike verval.


Liefde vir ons volk

Indien ons lief was vir ons volk, sou ons daardie liefde kon openbaar. Ons sou mensliewend wees en barmhartig teenoor ons volksgenote, soos daar van ons verwag word. Ons sou nie toegelaat het dat hulle in afsondering gemartel, verkrag en vermoor word nie. Ons sou nie kon toekyk hoe hulle vergaan van die honger en die dors nie. Ons sou nie toegelaat het dat hulle ook verval saam met die satanskinders nie.


Liefde vir ons vaderland

Hierdie land was ‘n baie groot geskenk aan ons van God. Hy het hierdie land aan ons gegee met al sy rykdomme. Ons kan dit nie in twyfel trek nie, want dan moet ons die oorwinning by Bloedrivier in twyfel trek.

As jy vir iemand ‘n geskenk gee, veral ‘n waardevolle geskenk, en jy sien hoe daardie persoon dit verniel, weggee, vertrap en besoedel, stel jou voor hoe jy as mens sal voel.

Ons moet ons liefde openbaar vir ons vaderland, al behoort dit op hierdie stadium nie aan ons nie. Al het ons op hierdie oomblik nie staatkundige erkenning daarvan nie. Dit is en sal altyd ons vaderland bly.



Ek veronderstel nou dat baie volksgenote sal se: “Maar ek is patrioties”. Dit mag waar wees, maar julle is in die minderheid. Die konsep van ware patriotisme is baie groter as slegs ‘n gevoel. Dit is ‘n daad, ‘n lewensstyl, ‘n dagtaak. Die vraag weereens, wat is jy bereid om op te offer vir Boere patriosme?

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.