Die Etiese aspek in die Boere Stryd

Go down

Die Etiese aspek in die Boere Stryd

Pos  Admin on Fri Mar 19, 2010 4:52 pm

Om dit duidelik te maak: Die Boere se stryd vandag is selfbeskikking, selfregering en rasse suiwerheid.
Waarom?
Daar is baie mense wat lekker leef. Boeremense. Hulle skakel in en swem met die stroom, en verstaan nie heeltemal die bohaai waaroor alles gaan nie. Andere het ‘n vae idée, en skakel dus in by Boere-groepe, sodat hulle daar saam met die stroom kan swem.
Al hierdie groepe veroorsaak dat ons ons eie stryd kompliseer, en dus is die einddoel nie altyd in presies dieselfde rigting nie.
Ek verwys na my pos ivm “Boere Eenheid: Noodkreed van ‘n volk in verdrukking”
As so baie mense lekker bly en lekker werk, waarom karring?

Ek weet nie of die hoofrede vir al die groepe en organisasies dieselfde is nie, maar die hoofdoel vir my is om weer onder ‘n Christelike regering te wees, weg van sedelike verval, saam met my volksgenote, ter wille van my nageslag.

Om die etiese aspek te definieer is nie altyd maklik nie, maar kortliks onderskei dit tussen goed en sleg, reg en verkeerd en ook morele waardes. Ons morele waardes, en alles wat daarmee saamgaan, word vir ons vasgele in die Bybel. Dit maak deel uit van ons beginselgrondslag wat ook vir ons gele is deur ons voorouers. Die Boerevolk se etiese waardes is dus op ‘n Bybelse grondslag.

Is dit dus eties om te veg vir dit waarin ons glo? Het ons voorouers oneties (on-Bybels) opgetree toe hulle oorlog gemaak het? Uiteraard het hulle opgetree as daar teen hulle opgetree was. Hulle het verdedig as hulle aangeval was, maar hulle het ook agterna strafekspedisies uitgestuur. Hulle het dus nie heeltyd net verdedig nie. Is daar nou bloedskuld op hul hande?

Daar sal vir seker nou ook kritici wees wat se ons wil oorlog maak met die Bybel onder die arm. Dit is nie waarna hier gemik word nie. Die kern is en bly volks eenheid, tot eer van God. Totdat ons nie weer saamgesnoer word as ‘n volk nie, sal enige ander poging onsuksesvol wees. Dit sal egter, in Boere terme dan dus nie oneties wees om te veg vir dit waarin ons glo nie.

Maar ‘n oorlog beteken bloedvergieting. Jy koop met ander woorde jou land terug met bloedgeld. ‘n Oorlog se letsels kan vir jare daarna nog aan die nageslag gesien word. Dit is hier waar die boer se etiese norme en waardes weereens na vore tree. Ons is nie ‘n bloeddorstige volk nie. Ons glo aan vreedsame onderhandelinge, alhoewel ons myns insiens ‘n ingebore talent het vir oorlogvoering.

En, indien die vyand ‘n onetiese stryd teen jou voer, is dit geregverdig om hom op dieselfde onetiese manier te vergeld? Ons moet oppas om nie ons waardes en norms prys te gee, ter wille van die stryd nie. Dus, indien daar ‘n onetiese oorlog teen jou gevoer word, mag jy nie tot daardie selfde vlak daal nie, want dit is gewaarborg dat jy jou waardigheid as ‘n volk sal verloor.

Indien ‘n man sy etiese waardes prysgee, verval die doel van die stryd.

Ek haal vir julle die volgende aan:

Uit Business Ethics: Concepts and Cases deur Manuel Velasquez:

So what, then, is morality? We can define morality as the standards that an individual or a group has about what is right and wrong, or good and evil. (p. 8.)

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.