Kompetisie v.s. Nederigheid

Go down

Kompetisie v.s. Nederigheid

Pos  Admin on Fri Mar 19, 2010 8:02 pm

Kompetisie v.s. Nederigheid

Waar in die Bybel staan mens moet kompeteer?

Die ydele mens het nog altyd geglo dat hy op homself aangewese is, en dus ook dat hy homself kan verbeter. Deur as mens tot jou volle potensiaal te ontwikkel, moet jy dit doen tot eer van God, en nie tot eer van jouself of tot eer van jou ouers nie. In hierdie proses moet mens waak daarteen om nie ander mense te vertrap nie.
Daar sal dus ‘n “verloorder en ‘n oorwinnaar” wees in hierdie ydele mensgemaakte stryd tot selfverheffing.

As gevolg van wereld invloede, politiek, marksisme, nepotisme en breinspoeling, het ons die waarde van ware menswees prysgegee. Ons het geword soos die wereld wil he ons moet wees, sodat ons dan baie makliker manupileerbaar en beinvloedbaar is.

Dus word mense nou beoordeel aan hoe suksesvol hulle is. Hoe vinnig hardloop hierdie atleet, hoe suksesvol is hierdie politikus, hoeveel geld het jy, en hoe groot is jou huis. Hoe bekender jou sukses, hoe groter jou ego. Ongelukkig veroorsaak hierdie hele denkwyse dan ook dat ander mense aan jou glo, en in jou glo. Dit word dus weereens ‘n bose kringloop. Jou blinde volgelinge en aanhangers is dus vasgevang in dieselfde patron van ‘n wereldse denkwyse.

Een van die beste kwaliteite wat enige mens kan openbaar, is nederigheid. In die samelewing word dit egter gesien as ‘n swakheid, maar in my oe is dit bo-aan die lys. Dit beteken nie dat jy nie moet opstaan vir jou regte nie! Dit beteken slegs dat ‘n sinnelose bakleiery om jou eie grootheid te bewys, weereens spreek van ydelheid. Indien jy dus ‘n situasie kan analiseer, en bevind dat deur voort te gaan met ‘n gesprek, korrespondensie, of wat ookal, eintelik sinneloos gaan wees, want op die einde sal daar slegs ‘n “verloorder en ‘n oorwinnaar” wees, is die beste om daarmee te staak.

Die Boerevolk bevind hom in presies dieselfde situasie. Daar is vele ydele stryders vir die saak, maar indien ‘n mens jouself op die kantlyn plaas, en hierdie situasie gaan analiseer, is dit bitter moeilik om nederigheid by enige een van die leiers te identifiseer. Dit is ook maklik vir ons om die ydeles te identifiseer, ons moet dit net gaan sit en doen, en ons kan dit aan die hand van die volgende punte analiseer:
- Het die persoon/persone/organisasie al ander mense vertrap in sy “stryd vir die saak”
- Het die persoon/persone/organisasie al ander mense versaak in sy “styd vir die saak”
- Het die persoon/persone/organisasie al mense geklassifiseer en sommige as belangrik en ander as nietig gesien in sy “stryd vir die saak”
- Het die persoon/persone/organisasie al ander mense se menings verwerp, en hul eie bo-aan geplaas in sy “stryd vir die saak”

Hoe het ons op ‘n punt gekom waar daar nie meer tyd is vir introspeksie nie? Waar daar nie meer tyd is om te bid vir die regte leiding nie, en waar ons staatmaak op ons eie ydele sukses en ego’s in ‘n styd waar slegs God ons kan lei nie?

Ons verkies om te se ons is beter, ons verkies om te se ons is groter, en ons verkies dan dus om volkseenheid tee te werk, ter bevoordeling van ons eie grootheidswaan.

Daar is dus geen twyfel dat sekere organisasies edel begin het, maar ydel uitgedraai het nie.

“Idealism increases in direct proportion to ones distance from the problem” - John Galsworthy


Every one thinks of changing the world, but no one thinks of changing himself
....Leo Tolstoy

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.