Boere Organisasies – Ons kruis?

Go down

Boere Organisasies – Ons kruis?

Pos  Admin on Fri Mar 19, 2010 8:04 pm

Boere Organisasies – Ons kruis?


Die feit daar daar ongeveer 29 Boere organisasies bestaan, is prysenswaardig en tog ook betreurenswaardig. Dit se vir ons twee dinge:
- Daar is ‘n behoefte aan ‘n vaste struktuur vir die Boere volk
- Daar is te veel verskille vir almal om onder een vaandel te staan

Behalwe van die verskillende organisasies, is daar ook ander liggame wat nie geklassifiseer word as organisasies, verenigings, rade ens nie.

Indien daar dus 29 verskillende erkende organisasies is, en nie twee is bereid om saam te smelt nie, beteken dit ook
a) Daar is grootliks meer as 29 verkille waar geen noemenswaardige raakpunte gevind kan word nie
b) Daar is 29 leiers wat elk sy eie septer swaai
c) Daar is 29 verskillende einddoele
d) Die volk is verdeel in ten minste 29 groepe, uitgesluit die res wat ook nog verskil, en dus nie genee is om by enige een van daardie 29 in te skakel nie

Daar sal dus nie maklik konsensus bereik word tussen hierdie groepe nie, al is die gemene teenstander ook een en dieselfde. Die behoefte vir ‘n Boerevolk struktuur is dus daar, en die behoefte is groot.

Die eerste aspek wat dus ge-analiseer moet word in ons strewe na volkseenheid is
a) Wat wil ons bereik
b) Hoe gaan ons daar kom

Die fout wat grootliks begaan word is ‘ons het dit” of “ons het dat’ en daar is dus weer die eerste kraak in die fondament. As ‘n organisasie enige suksesse vir homself toe-eien, was die resultaat nie edel nie. As dit as ‘n oorwinning vir die Boerevolk gesien word in die bree sprektrum, is dit alreeds ‘n tree in die regte rigting. Dit beteken dus dat so ‘n sukses aan die hele volk behoort. Dit is egter nie die geval nie.
Die enigste oplossing blyk dus totale neutrale grond te wees. ‘n Vars benadering, deur vars persone vanuit die volk, op ‘n neutrale basis, nie gebonde aan enige organisasie nie.
Baie sal seker wonder waarom ek voorstel dat bestaande strukture tot niet gemaak word? Die antwoord is nie totaal tot niet maak nie, die antwoord le in vernuwing. Almal het al tot ‘n sekere mate sukses behaal. Die sukses is egter so groot soos jy jouself laat glo, want praat jy met die gewone man op straat, mag dit dalk ‘n klein klokkie lui, maar nogsteeds nie ‘n groot klok nie!
Voorstelle vir oplossings:
Elkeen van hierdie organisasies, moet dus op die een of ander gebied kan uitstaan, anders het hulle nie bestaan nie. Hulle sal mos nie op dieselfde gebied uitstaan nie, want dan werk hulle mos teen mekaar?
- Le skriftelik vas die doelstellings en werksmetodes wat gebasseer is op die beginselgrondslag vir die Boerevolk
- Elimineer organisasies wat werk vir eie gewin, en nie 100% volksgeorienteerd is nie
- Elimineer organisasies wat nie onvoorwaardelik streef na volkseenheid nie
- Idenifiseer elkeen van hierdie organisasies se sterk punte
- Organiseer hierdie organisasies dan in departemente, wat uiteindelik ‘n eenheid kan vorm as ‘n volk, elkeen in sy spesialis afdeling.

‘n Leier is iemand wat outomaties gevolg word, wat respek afdwing, wat mense hoog ag. ‘n Ware leier is ‘n nederige persoon wat homself laat lei deur God, en wat bid vir leiding homself, sodat hy mense kan lei.

Wie is op hierdie stadium die volk se “leiers”? Moderators op forums? Stigters van Forums? Iemand wat nou en dan opstaan en ‘n standpunt maak? ‘n Kubervegter? Iemand wat homself aanstel om namens mense te praat, sonder dat hulle eens bewus is daarvan?

Natuurlik is aktivisme belangrik. Maar op hierdie stadium is die meeste van ons slegs dit. Aktiviste. Jy is dalk ‘n groot aktivis, of ‘n kleintjie. Moet dus nie ophou waarmee jy besig is nie. Dalk is jy die regte persoon, maar het ‘n bietjie gedwaal van die ware roeping.

Jy sal weet as die volk jou verkies het. As die meerderheid mense van die volk jou aangewys het as hul leier. Dit is tyd vir die ware leiers om na vore te tree. Daardie mense wat nie skroom om uit te wys wat is reg, en wat is verkeerd nie. Daardie mense wat nie skaam is om te se dat hulle gelei word deur God nie. Indien daardie mense na vore tree, sal die volk hulle kan raaksien.

Ons staar tans ‘n dreigende oorlog in die gesig. Anargie is aan die orde van die dag. Die Boere is op die punt waar hulle hulself moet bewapen, en gereed maak om terug te veg. Nie ‘n oorlog op papier nie, nie ‘n oorlog deur aktivisme nie, maar ‘n oorlog in die ware sin van die woord.

Admin
Administrateur
Administrateur

Aantal posstukke : 84
Join date : 2010-02-21

http://bbbeweging.forumotions.net

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.