Roof en huisbraak n alledaagse sport

Go down

Roof en huisbraak n alledaagse sport

Pos  Ice_Age0 on Fri Mar 19, 2010 9:59 pm

‘Bid, want ek skiet jou nou,’ sê smalende rower
2010-03-18 23:16

Sonja van Buul

“Bid, want ek skiet jou nou!”

Só het ’n rower gesê toe hy sy vuurwapen teen mev. Corene Benade (42) se kop gedruk het net voordat hy en sy makkers gevlug het.

Hy het toe uitgebars van die lag en met ’n “ek maak net ’n grappie” koers gekry.

“Trauma op trauma,” het Benade, van die Rietspruit-kleinhoewes in die Vaalrand, gister die twee uur lange gewapende rooftog op haar beskryf.

Die huisrooftog eergister toon sterk ooreenkomste met die voorval waartydens me. Hannetjie Benade (70), Benade se skoonma, in November 2008 net buite Henley-on-Klip beroof en vermoor is voordat haar hoewehuis aan die brand gesteek is.

Beeld het destyds berig hoe ’n buurman op 29 November daardie jaar op die bejaarde vrou se half verkoolde lyk afgekom het.

Volgens Benade het die huisrowers haar en twee werknemers, mnre. Mutle Mvunwla en Jacob Phuti, eergister skuins voor 09:00 oorval.

“Vanaf daardie oomblik was ek in dieselfde hel as my skoonma en het ek aanhoudend hardop gebid,” het sy gesê.

Die rowers het herhaaldelik gedreig om haar te verkrag, te vermoor en die hoewehuis af te brand.

Die rowers het ook gedreig om haar met ’n strykyster te brand en met ’n boormasjien gate in haar nek te boor.

Sy het die rowers R700 gegee en haar man, Johan (49), se wapenkluis oopgesluit.

Mnr. Benade was uitstedig en hul kinders, Chantelé (15) en Johan jr. (9), by die skool.

Die rowers het op meer geld aangedring en selfs met ’n hoekslyper nog ’n kluis, waarvan Benade nie die slotkode geken het nie, oopgesny.

Dít terwyl sy op haar knieë steeds hardop gebid en die rowers een van mnr. Benade se wapens teen haar kop gedruk het.

“Hulle het gesê ek moet ophou (bid), maar Ons Hemelse Vader het my in Sy arms toegevou. Hulle kon hulself nie sover kry om my te brand, vermoor of te verkrag nie. Selfs die boormasjien is my gespaar.”

Die rowers is kort daarna weg met onder meer die geld, selfone en juwele en haar man se drie jaggewere.

Mnr. Benade was in Randfontein en het besef “iets is nie pluis nie” toe hy Mvunwla bel omdat sy vrou nie haar selfoon antwoord nie. Mvunwla, wat heeltyd saam met Phuti in die gang vasgebind gelê het, het hom fluisterend gewaarsku.

“Ek het ons buurman, mnr. Des Long, gebel en hy het my vrou, wat haarself intussen bevry het, te hulp gesnel.”

Die Kliprivier-polisie was, volgens die Benade-egpaar, “binne minute” op die hoewe en verdien ’n pluimpie vir hul knap optrede.

“Ons het nog nie eers die wrede moord op my skoonma verwerk nie, haar moordenaar(s) is nog op vrye voet en nou dit.

Dis trauma ná trauma,” het mev. Benade gesê.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/841a2d500041497888a6e4c8c6aa6a66/18-03-2010-11-16/%E2%80%98Bid,_want_ek_skiet_jou_nou,%E2%80%99_s%C3%AA_smalende_rower
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Die UV is ook n teiken

Pos  Ice_Age0 on Fri Mar 19, 2010 10:56 pm

Rooftog ruk UV; drie aangehou
2010-03-19 00:53

DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) is gister geruk toe drie gewapende rowers op ’n departementshoof se kantoor toegeslaan het.

Die rowers het die hoof van die departement dierkunde en entomologie, prof. Jo van As, se kantoor binnegestorm en hom, ’n meestersgraadstudent en ’n tegniese assistent vasgebind en met vuurwapens gedreig.

’n Student wat ten tyde van die voorval in die gebou was en anoniem wil bly, sê twee van die drie rowers was die Woensdagmiddag ook in sy kantoor en het gemaak of hulle studente is.

Van As het hulle onmiddellik herken toe hulle en die derde rower gister ingestorm het.

“Hulle het duidelik Woensdag kom ondersoek instel en die rooftog beplan.”

Die rowers het hulle met kabelbinders vasgebind en onder die lesenaar ingedwing. “Toe die professor so effens woel, het hulle die vuurwapen teen sy rug gedruk en vir hom gesê ‘don’t try to be a hero, Prof’.”

Die rowers het hul selfone, beursies en rekenaars in ’n sak geprop en gevlug, vermoedelik met ’n grys Isuzu-dubbelkajuitbakkie wat vroeër die dag op die kampus gesteel is. Die registrasienommer van die bakkie is DNS 546 FS.

Dir. Koos Bonthuys, stasiebevelvoerder van die Parkweg-polisiekantoor, sê in ’n verklaring geen steen sal onaangeroer gelaat word om die booswigte aan te keer nie.

Enigiemand met inligting moet onmiddellik die naaste polisiekantoor skakel.

Van As, ’n kenner van Charles Darwin se evolusie-teorie, is glo erg getraumatiseer. Hy wou nie met Volksblad praat nie.

Die nuus oor die rooftog het soos ’n veldbrand deur die stad versprei.

Studente met wie Volksblad gepraat het, sê hulle voel onveilig en bang. “As ons helder oordag alleen in laboratoriums sit, kan enigiemand ons oorval.”

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die UV, het sy skok oor die voorval uitgespreek. “Die situasie is onder beheer en studente en personeel kan kalm wees. Topbestuur sal alles in sy vermoë doen om ons personeel en studente te beskerm.”

Volgens hom sal dringende samesprekings gevoer word om vas te stel hoe sekuriteit opgeknap kan word.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/8bf64b9eedbc45419bd6c669a77c8272/19-03-2010-12-53/Rooftog_ruk_UV_drie_aangehou
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Re: Roof en huisbraak n alledaagse sport

Pos  Ice_Age0 on Mon Mar 22, 2010 7:56 pm

Oud-polisieman vasgetrek ná bloulig-rooftogte
2010-03-21 22:18

Carla van Niekerk

’n Voormalige polisieman is in Phokeng, naby Rustenburg, in hegtenis geneem in die polisie se ondersoek na ’n reeks bloulig-rooftogte in Gauteng.

Die oud-polisielid (39) was na bewering een van vier rowers wat die Evergreen-winkel in Freedom Park Vrydag omstreeks 14:00 beroof het.

Volgens supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die vier hulle glo as klante voorgedoen.

Hulle het die werknemers in die winkel met vuurwapens gedreig en hul hande met kabelbinders vasgebind.

Die rowers het R8 000 en drie selfone gevat.

Volgens Metsi het ’n polisievoertuig wat op patrollie was op die toneel verskyn toe die rowers na ’n wit BMW-voertuig toe op pad was.

Drie het in verskillende rigtings laat spaander en die voormalige polisieman het na die BMW toe gehardloop. Voor hy ingeklim het, het hy drie skote op die polisievoertuig geskiet.

Die polisielede het teruggeskiet en hom agterna gesit toe hy wegjaag. Hy is sowat 1 km van die toneel af vasgekeer. Die rower het toe te voet gevlug, maar is later vasgekeer toe hy in ’n huis probeer skuil het.

Drie selfone is gevind, maar die wapen en die kontant is nog soek. ’n Blou polisielig is in die BMW gevind en die man het steeds sy aanstellingsertifikaat in sy besit gehad.

Metsi sê dié arrestasie is ’n groot deurbraak vir die polisie nadat talle verdagtes beweer het hulle is beroof deur rowers in polisie-uniforms of in voertuie met blou ligte.

“’n Ondersoek het aan die lig gebring die BMW is op 20 Januarie vanjaar in Pretoria gekaap toe dit by die motorhandelaars afgelewer is. ’n Polisiesirene is ná die kaping geïnstalleer,” sê Metsi.

Niemand is tydens die skietvoorval beseer nie. Die voormalige polisielid sal na verwagting môre in die Tlhabane-landdroshof verskyn.

Die ander drie rowers is steeds op vrye voete.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/7ed048ccc4474cccaf76e659564daf57/21-03-2010-10-18/Oud-polisieman_vasgetrek_n%C3%A1_bloulig-rooftogte
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Re: Roof en huisbraak n alledaagse sport

Pos  Sponsored content


Sponsored content


Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.