Wreedaardige Moord op n 17 jarige

Go down

Wreedaardige Moord op n 17 jarige

Pos  Ice_Age0 on Fri Mar 19, 2010 11:36 pm

Kind se hande afgekap in moord
2010-03-12 06:33
Anika Smit


Hilda Fourie

’n Blonde tienermeisie het vermoor, kaal en sonder hande gelê toe haar pa eergister in hul huis in die noorde van Pretoria op haar afgekom het.

Dié oggend het mnr. Johan Smit vir Anika (17), sy enigste kind, nog koebaai gesê voordat hy werk toe is.

Toe hy haar weer sien, was sy dood en vermoedelik verkrag. Haar hande is tussen die elmboog en pols afgesny en saam met die moordenaar(s) weg.

“Toe ek die omgekeerde stoele in die eetkamer sien, het ek geweet iets is nie reg nie,” het Smit (54) van Theresapark gesê terwyl hy gesukkel het om die trane te keer.

“Ek het na haar geroep, maar sy het nie geantwoord nie.”

Oomblikke later het Smit op sy dogter se lyk in haar slaapkamer afgekom.

Niks is geroof nie.

Konst. William Mahlaole, polisiewoordvoerder, het gesê ’n lykskouing sal bevestig hoe Anika dood is en of sy verkrag of onsedelik aangerand is.

Anika was eergister alleen by die huis waar sy en haar pa woon. Sy is nie skool toe nie weens infeksie in haar ore.

Smit het omstreeks 16:00, ná werk, by die huis gekom en gesien die buitehek en veiligheidshek staan oop en die slotte is weg. Anika se bromponie het voor die voordeur gestaan.

Toe hy by die huis instap, het hy gesien die eetkamertafel staan skeef en die stoele is omgekeer.

Nadat Smit sy dogter geroep en sy nie geantwoord het nie, is hy na haar kamer.

“Sy het op die grond gelê, sonder klere. Albei haar hande was afgesny en weg. Die mense (Anika se moordenaar/s) moes dit saamgevat het.”

Smit is dadelik na sy buurman, waar hulle die polisie gebel het. Volgens Smit was die polisie binne minute op die toneel en hy het baie goeie diens van hulle gekry.

“Die polisie het vir my gesê sy is ses keer met ’n mes in die nek gesny. Hulle ondersoek ook die moontlikheid dat sy verkrag is.”

Smit meen sy het haar moordenaar(s) moontlik gekrap en dat haar hande verwyder is uit vrees dat DNS-getuienis onder haar vingernaels hom/hulle aan die pen kan laat ry.

Dit lyk volgens Anika se pa ook of sy probeer terugbaklei en weghardloop het.

Smit het eergisteroggend gereël dat Anika se medisyne by die huis afgelaai word. Omstreeks etenstyd het iemand van die apteek hom gebel en gesê hulle was by die huis, maar niemand was daar om die medisyne te ontvang nie.

“Ek het Anika etenstyd gebel, maar sy het nie geantwoord nie. Ek het gedink sy slaap omdat sy nie lekker gevoel het nie.

“Toe ek tuis kom, het ek gesien wat die probleem was.”

Die skoolvlag van die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria, waar Anika ’n gr. 11-leerling was, het gister halfstok gehang.

Mnr. Steven Hearne, skoolhoof, het gesê Anika was sedert Januarie vanjaar ’n leerling daar. Sy was in gr. 8 en gr. 9 ook daar, maar het daarna twee jaar by haar ma, Charlotte, in Hartenbos gewoon.

“Die skool rou,” het Hearne gesê.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/437d236d77b146dc85130adcb4a716d5/12-03-2010-06-33/Kind_se_hande_afgekap_in_moord
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

selfs diere het meer genade

Pos  Ice_Age0 on Fri Mar 19, 2010 11:40 pm

‘Wie wou Anika skaad? Hoekom?’
2010-03-18 23:16


Hilda Fourie

‘Anika het nie van seerkry gehou nie. Wie sou haar wou seermaak? Hoekom?” het mev. Charlotte Eksteen, ma van die vermoorde Anika Smit (17), gister gesê nadat sy vir die eerste keer in die moordslaapkamer ingegaan het.

“Die vrae maal oor en oor in my gedagtes. Dit sal my van my kop af dryf, want ek kan dit nie verstaan nie,” het Eksteen (51) gesê.

Anika is verlede Woensdag in haar slaapkamer vermoor. Sy was dié dag nie by die Hoërskool Gerrit Maritz, waar sy ’n gr.11-leerling was, nie omdat sy oorinfeksie gehad het.

Dié middag het haar pa, mnr. Johan Smit, op haar lyk in haar slaapkamer in hul huis in Theresapark, in die noorde van Pretoria, afgekom.

Anika is nie net aangerand nie, sy het ook steekmerke in die nek gehad en haar hande is afgekap. Sy is vermoedelik ook verkrag.

Eksteen en haar man, Hannes, woon in Hartenbos. Anika sou vir die April-vakansie by hulle gaan kuier het.

“Toe Hannes my vertel van Anika, het ek net gesê dit kan nie wees nie, dit kan nie wees nie. Ek het nog die oggend met haar gepraat en sy het gesê: ‘Mamma, ek sien jou een van die dae’,” het Eksteen gesê.

“Dit voel nog so onwerklik. Dit voel of my kind nie regtig weg is nie. Iemand het haar ewe skielik van my af weggeneem. Ek voel so leeg.”

Eksteen het gister vir die eerste keer in die kamer ingegaan waar haar dogter vermoor is. Dr. Gwen Ramokgopa, Tshwane se uitvoerende burgemeester wat hulle met ’n afvaardiging besoek het, het gevra om die kamer te sien.

Hulle het gebid, ’n lied gesing en Anika se ouers en halfsusters, mee. Cindy (29) en Chantel (31) Rudman, drukkies gegee.

“’n Donkerte het op my toegesak toe ek die kamer binnegaan. Ek wou nie, maar ek moes. Dis aardig. Miskien het Anika daardie dag na my geroep en ek was nie daar om haar te help nie,” het Eksteen gesê.

“Ek kan nie dink wie my kind só wou skend nie.”

Eksteen glo nes Anika se pa dat die man wat hul dogter vermoor het, aan haar bekend was. Hulle het haar van kleins af geleer om nooit die deur vir vreemdelinge oop te maak nie.

’n Roudiens word vandag om 10:00 in die NG kerk Florandia, in die noorde van Pretoria, gehou.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/0e04e1b2fec9468486a2562900b5f3a0/18-03-2010-11-16/%E2%80%98Wie_wou_Anika_skaad_Hoekom%E2%80%99
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Was dit die aflewerings waffer of die man op facebook

Pos  Ice_Age0 on Fri Mar 19, 2010 11:43 pm

Web-skrywe was bloot toevallig
2010-03-13 23:19

Herman Scholtz

’n Jong man se “ergste nagmerrie” het waar geword toe hy op Facebook geskryf het rugstekers se hande moet afgekap word.

Presies dít het toe met een van sy vriende gebeur.

Nou sê dié 23-jarige man van Springs aan die Oos-Rand hy word verkeerdelik verdink van die grusame moord op en moontlike seksuele aanranding van Anika Smit (17). Haar naakte lyk, waarvan die hande afgekap is, is Woensdag in haar huis in die noorde van Pretoria gevind.

Sy is verskeie kere met ’n skerp voorwerp in die nek gesteek.

“Dit voel vir my unreal. Ek het gedog dis ’n grap,” sê die man oor die “toeval” van die Facebook-boodskap.

Anika het Woensdag by die huis gebly omdat sy oorinfeksie gehad het. Haar pa het die middag ná werk in haar slaapkamer op haar lyk afgekom.

Die man het twee weke gelede op sy Facebook-muur geskryf: “If a man stabs you in the back, you cut his f**kin hands off!”

Om die “misverstand” verder aan te vuur, het hy op die dag van Anika se dood geskryf: “Ek word wakker in die nag en sien ’n groot gebaar, op die hoek van my bed is die hoenderman wat na my staar!”

Hy het reg onder dié inskrywing gesê sy mental picturevan die duiwel is ’n hoender”.

Maar hy het aan Rapport gesê dié woorde kom uit ’n lied se lirieke.

“Ek sien nou hoe stupid dit was. (Die verwysing na rugstekery en hande afkap) is net ’n gesegde! My lewe gaan in ’n nagmerrie ontaard.

“Ek het nog nooit aan ’n meisie geraak nie... Nie op ’n lelike manier nie.

“Ek is net ’n jong man wat vir myself ’n lewe wil maak. Ek het niks gedoen om dit te verdien nie.”

Volgens hom het hy vir Anika sowat drie jaar gelede by ’n vakansie-oord ontmoet en haar ’n jaar laas gesien. Volgens hom was sy net ’n “kennis”.

Verskeie vriende van Anika met wie Rapport gesels het, het nie geweet wie dié man is nie.

Hy het gisteroggend gesê hy gaan uit sy eie polisie toe om sy kant van die saak te stel. Dit was nadat Rapport se susterskoerant Beeld gister oor sy Facebook-inskrywings berig het.

Later het hy laat weet hy gaan nie polisie toe nie, “want ek het niks om weg te steek nie”.

Insp. Annerie Robinson, ondersoekbeampte, het gesê die ondersoek is in ’n uiters sensitiewe stadium. Die polisie wil dus nie uitbrei oor wat op die toneel gevind is en die “vele” leidrade wat opgevolg word nie. Die doodsondersoek word Donderdag gedoen.

Die raaiselagtige omstandighede van Anika se moord sluit in dat niks gesteel is nie en dat die moordenaar die hande saam met hom of haar geneem het.

Anika het ’n paar jaar gelede van die huis af weggeloop, maar haar vriende sê sy was nie met dwelms deurmekaar nie.

Mnr. Johan Smit, Anika se pa, glo sy dogter het haar moordenaar geken, anders sou sy nie die honde agter in die erf gaan toemaak het nie.

Hy het gister gesê die familie sukkel nog baie om die skok van haar gru-dood te verwerk.

Jessica Annendale, ’n mede-leerling aan die Hoërskool Gerrit Maritz, het gesê haar beste vriendin sou altyd die positiewe in mense raak sien. Sy was baie vriendelik en wou almal gelukkig maak.

Ook Mazie de Kock het gesê Anika was ’n “perfekte vriendin”.

- Anika word Vrydag om 10:00 vanuit die NG gemeente Florandia in Pretoria begrawe.

- Rapport

http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/eb9ab51af35344b8b4cb0460c93d349a/13-03-2010-11-19/Web-skrywe_was_bloot_toevallig
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Moord op Anika verskriklik wreedardig

Pos  Ice_Age0 on Fri Mar 19, 2010 11:47 pm

Anika murder 'extremely brutal'
2010-03-15 08:34


Hilda Fourie, Beeld

Pretoria - Whoever murdered, presumably raped and cut off the hands of Anika Smit, 17, is "unnaturally cruel", "sadistic" and "extremely dangerous".

This is the reaction of two criminologists to the murder of the blonde Gerrit Martiz High School pupil.

Pixie du Toit and Anni Hesselink agreed that the person or people who murdered Anika on Wednesday at her father's house in Theresapark, in the north of Pretoria, harboured an incredible amount of hatred.

It's the first time they've heard of a case in South Africa where the murderer(s) cut off the victim's hands.

Suffered

"The chances are good that they made her suffer and watched her suffering," said Hesselink on Sunday. "They must have enjoyed seeing her like that."

According to Hesselink and Du Toit, all indications are that Anika must have known her murderer(s).

The two criminologists agree with Johan Smit, Anika's father, that Anika probably locked their dogs up in the back of the property, unlocked the gates for her murderer(s) and let them into the house.

Du Toit suspects that the murder was the result of a failed relationship.

"To me it feels like revenge," said Du Toit. "Maybe he wanted to have sex with her but she refused. It's almost like he said, 'If I can't have sex with her, nobody will.'

"The guy must have been furious, because the murder was without a doubt unnaturally cruel. He wanted to maim her."

Someone she knew

Hesselink said Anika's murderer(s) could be someone or people she knew and trusted. If more than one person was involved in her murder, it could possibly have been the result of a new friendship.

The fact that Anika had earlier run away from home shows that she is easily influenced.

According to Hesselink, the manner in which Anika was murdered and left is directly related to the murderer's characteristics.

"The purpose of his/her/their visit was to hurt her," said Hesselink.

"If it was one person, it is an extremely dangerous person. Because if one is capable of doing all those things (murdering her, presumably raping her and cutting off her hands), one has to be abnormal and psychopathic.

"It must be someone who hates women, because a lot of anger was taken out on her."

- Beeld

http://www.news24.com/Content/SouthAfrica/News/1059/4ce0840ee7a44ac688442ddd161b6196/15-03-2010-08-34/Anika_murder_extremely_brutal
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Re: Wreedaardige Moord op n 17 jarige

Pos  Katryntjie on Wed Mar 24, 2010 8:55 am

Ek het verneem van iemand wat haar geken het, dat die media weereens inligting weerhou het. Sy is werklikwaar brutaal aangerand, en daar is ook 'n gebreekte bottel in haar opgedruk. Hierdie se al klaar vir ons wie die skuldiges is!
avatar
Katryntjie
Pen Kop
Pen Kop

Aantal posstukke : 7
Join date : 2010-03-17

Terug na bo Go down

Re: Wreedaardige Moord op n 17 jarige

Pos  Sponsored content


Sponsored content


Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.