Wie het wat ontvang agter die geslote deure

Go down

Wie het wat ontvang agter die geslote deure

Pos  Ice_Age0 on Fri Mar 19, 2010 11:53 pm

Uitsoek-Afrikaners tjoepstil oor hul gesprek met Zuma
2010-03-13 23:19


Erna van Wyk

Die uitgesoekte groepie Afrikaners wat Donderdag met pres. Jacob Zuma by ’n private dinee in sy ampswoning in Pretoria vergader het, wil nie ’n woord rep oor wat Zuma gesê het nie.

Die “private dinee” is bygewoon deur onder andere prof. Piet Strauss (moderator van die NG Kerk), Sean Else (liedjieskrywer), Victor Matfield (rugbyspeler), mnr. Frans de Klerk (bestuurshoof van die Orania-beweging) en mnr. Willie Spies van AfriForum.

Rapport het Vrydag verskeie genooides gebel, maar is telkens begroet met ’n huiwerige gelag. Rapport is meegedeel dat daar onderling besluit is om nie nou al in besonderhede uit te wei oor die gesprek nie.

Rapport kon wel vasstel dat misdaad, Pretoria se naamsverandering en die moontlikheid van ’n Afrikaanse universiteit op die agenda was. Zuma sou glo ook gereageer het oor mnr. Julius Malema, maar dit is onseker of hy wel beplan om sy jeugligaleier streng aan te spreek oor sy gesing van die liedjie met die woorde “Skiet die boere; hulle is verkragters”.

Wat glo nie bespreek is nie, is Eskom se tariefverhogings en die verval van munisipale dienste wat die laaste paar maande tot groot onrus gelei het, asook beskuldigings van regeringslui dat “wit mense wat hul dienstegeld weerhou, ondemokraties optree”.

Dr. Isak Burger, president van die AGS, het aan Rapport toegegee dat dienslewering eintlik op die agenda moes gewees het. Hy het met Zuma die kwessie van Radiokansel se stryd met die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okasa) oor sy uitsaaivoorwaardes bespreek.

Dr. Dan Roodt (aktivis) was ook by die dinee. Hy het gesê weens die behandeling wat Zuma onlangs in die Britse media gekry het en omdat die Suid-Afrikaanse media die Britte navolg, is besluit om nie oor die gesprek met Zuma te praat nie.

“Die gevoel is dat die media, Afrikaans en Engels, nie simpatiek staan (teenoor Afrikanerkwessies) nie en daar is die gevaar dat dinge vertel word wat gemeenskappe teenoor mekaar kan afspeel. Daar is ’n anti-Afrikaner-gevoel in die media,” het hy aan Rapport gesê.

Roodt sê hy persoonlik praat al met Zuma sedert 2007. “Donderdagaand se dinee het in ’n positiewe gees geskiet. Hy (Zuma) het die versekering gegee dat van die kwessies aangepak sal word.”

Volgens Roodt sal daar meer oor die gesprekke met Afrikaners gepraat word wanneer dit in ’n meer “konkrete stadium” kom.

Mnr. Kallie Kriel van AfriForum het gesê die Malema-kwessie is veral sterk by Zuma geopper. Zuma se kantoor het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het Afrikaners verseker hy bly verbind tot die stryd teen alle vorme van rassisme, seksisme en onverdraagsaamheid.

Me. Liesl Göttert, wat die ete georganiseer het, het aan Gavin Prins gesê dit was ’n formele dinee en die 28 gaste het, met Zuma in die middel, aan ’n lang tafel gesit.

“Die gees was fantasties. Die algemene gevoel onder gaste was dat hy ’n president is wat met mense op grondvlak kommunikeer.”

Oor Steve Hofmeyr, wat die uitnodiging van die hand gewys het omdat Zuma nie teen Malema optree nie, het Zuma blykbaar gesê: “Dis jammer my vriend Steve Hofmeyr kan nie hier wees nie.”

Toe Zuma groet, het hy glo ook aan die gaste gesê: “Dis nie my huis nie. Dis julle huis.”

- Rapport verneem dr. Pieter Mulder, leier van die VF+ en adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, het die afgelope week in ’n brief aan Zuma gevra waarom hy nie genooi is nie.

- Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/cc742b6a41ed4cf78db037f27298163f/13-03-2010-11-19/Uitsoek-Afrikaners_tjoepstil_oor_hul_gesprek_met_Zuma

Pieter Mulder was nie uitgenooi omdat die Anc weet waar sy lokaliteite lê

nie by die blankes nie dis verseker
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Dr Lets Pretorius

Pos  Ice_Age0 on Sat Mar 20, 2010 12:06 am

Wat my die meeste kwel
Is dat die Boer se kant nie ook gestel word nie net die Afrikaner en die kerk

Waar is Dr Lets Pretorius se naam genoem hy was tog immers op die geelwortel Dinee

Of is Dr Lets nie hoog genoeg op in die food chain nie
miskien maak BVS te min geraas of dalk die verkeerde geraas

sal graag meer antwoorde op hierdie wil sien

Waar is Dr Lets kom spreek ons toe ASB

sê vir ons watter tipe geraas maak BVS en vir wie maak BVS die geraas
Ek hoop hy sal die uitnodiging aanvaar bounce

Waar is verewigBoerSeun hy klets mos ook op BV forum kom vertel ons watter geraas maak hulle en hoe ernstig is BVS vir die voorwaardelike vryheid van die boer of glo BVS ook aan n woestyn dorpie vir die onafhanklike staat vir die boere

Jammer as ek kwaad klink verewigBoerSeun maar in my oë sien ek BVS as n regte agter ryer wat net nie genoeg geraas maak nie die geraas klink meer vir die eind doel van Dr Lets se seuns se vryheid met alle respek gesê


Ons is nog nuut maar gee ons ook 7 jaar dan sal almal weet wie is BBB as ons nie al dan ons ZAR terug gekry het nie
want ek weet dit is ons eind doel
Want ons sal nie tevrede wees met n volkstaat nie want wie sal nou daar wil bly ons soek ons regmatige erfenis
Die Boere Republiek van Transvaal dit of die hele RSA dit is die keuse wat die kommuniste het
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.