Staat sal sê hoeveel grond boere mag besit

Go down

Staat sal sê hoeveel grond boere mag besit

Pos  verewigBoerSeun on Thu Mar 25, 2010 10:15 am

Staat wil sê hoeveel grond boere mag besit en bewerk
2010-03-24 22:36


Pieter du Toit

Kaapstad. – Die regering beplan as deel van ’n “omnibus van wetgewing” om ’n beperking te plaas op die hoeveelheid grond wat boere mag besit.

Hoewel mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister verduidelik het daar is nie planne om landbougrond te nasionaliseer nie, gaan hy tog ’n rits verreikende voorstelle doen wat volgens waarnemers op die aantasting van eiendomsregte neerkom.

Hy het in sy departement se begrotingsrede in die parlement ’n drievlak-verblyfregstelsel voorgestel bestaande uit staatsgrond wat verhuur word, private grond “van beperkte omvang” en buitelandse eienaarskap “met onsekere verblyfreg, gekoppel aan produktiwiteit en die sluiting van vennootskappe met Suid-Afrikaners”.

Adv. Nichola de Havilland van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sowel as dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, het dié voorstelle gekritiseer.

Volgens De Havilland kom die laaste twee voorstelle “ondubbelsinnig” neer op die aantasting van huidige en toekomstige eiendomsregte. De Jager het gesê dit gaan bloot tot verdere wantroue in die regering lei.

Nkwinti het in sy repliek op die debat oor sy begrotingsrede gereageer op talle beroepe uit opposisiegeledere om hom uit te spreek oor die regering se beweerde nasionaliseringsplanne en gesê dit “is nie ANC-beleid nie en bestaan nie in die regering se denkraamwerk nie”.

Hy het die bepaling in sy departement se strategiese plan wat tot grootskaalse ontsteltenis gelei het – dat alle grond tot nasionale bate verklaar word – gelykgestel aan die beskouing van water en minerale as ’n bate wat bewaar moet word.

Nkwinti het ná sy toespraak verduidelik die herverdeling van grond is nie net ’n ekonomiese oorweging nie, maar onlosmaaklik deel van die versoeningsproses.

Om dié proses aan te help en af te handel moet mense wat nie grond het nie, toegang daartoe kry.

Die voorstel oor private grond (wat in ’n groenskrif aan die kabinet voorgelê gaan word) kom daarop neer dat boere in ’n bepaalde wetgewende en beleidsraamwerk beperk sal word wat betref die hoeveelheid hektaar wat hulle mag besit en bewerk.

Die minister het beklemtoon die regering beplan “beslis nie” om aan die Grondwet se klousule oor eiendomsreg (art. 25) te torring nie.

Op ’n vraag of die voorstelle oor private grond en dié in buitelandse besit nie op die skending van eiendomsregte neerkom nie, het Nkwinti geantwoord:

“Ja en nee. Dis iets waaroor ons moet debatteer. Ons sal moet bepaal hoeveel grond is optimaal vir spesifieke boerderye en hoeveel grond is nodig vir hoewes. Ons moet oor dié beperkings gesels.”

De Jager, wat ná die toespraak lank met Nkwinti gepraat het, het gesê die voorstelle sal groot boere soos die tamatieprodusent ZZ2 en die uieboere Wildeklawer die seerste maak omdat dit grootskaalse boerderye aan bande gaan lê.

Hy het aan Nkwinti verduidelik die werklikheid van die wêreldekonomie vereis grootskaalse, intensiewe en moderne boerderye en daarvoor is baie grond nodig – iets wat in die huidige bedeling en in ’n vryemarkstelsel gewaarborg is.

“Sowat 10% van boere produseer 80% van ons voedsel. Die voorstelle gaan hulle seermaak,” het De Jager gesê.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/be12f977e6de48f68002b5b349c8c40b/24-03-2010-10-36/Staat_wil_s%C3%AA_hoeveel_grond_boere_mag_besit_en_bewerk

_________________
n Volk met n visie is n Volk met n toekoms, n Volk met n begeerte is n Volk wat oorleef, n Volk in Jesus is n Volk met lewe, Handel in die geloof tot eer bewys aan God, Vertrou op God deur jou dade aan Hom op te dra.
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 51
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.