Vaaldriehoek nuus

Go down

Vaaldriehoek nuus

Pos  Ice_Age0 on Thu Mar 25, 2010 11:28 pm

- Rowers dreig egpaar se baba met die dood
Friday, 12 March 2010 16:24

Jacques Steenkamp
SASOLBURG. - 'n Jong egpaar het Saterdag vir hul babaseuntjie se lewe gevrees toe hulle deur vier gewapende rowers in hul huis oorval is. ‘n Pistool is op hom gerig en daar is gewaarsku dat hulle sy "breins sal uitskiet" as daar vir hulle gelieg word.
Die Van Tonder-gesin se angsnag het omstreeks 21:30 begin toe mnr. Willie van Tonder (26) uitgegaan het om die buitehekke te sluit.

Me. Annemarie Hattingh (19) sê haar broer was besig om die hekke te sluit toe die rowers oor die muur gespring en op hom afgepyl het.
“My broer het een met sy elmboog bygekom, waarna hy weggebreek en in die huis gehardloop het. Willie het geskree om ons te waarsku maar die rowers was kort op sy hakke. Hulle het pistole op ons gerig en aangedring op verskeie van ons besittings en het presies geweet wat ons alles besit,” sê me. Hattingh.
Die rowers het Willie verskeie kere met die pistole geslaan, veral as hulle gedink het die gesin steek iets weg. Die rowers het later vir Willie en sy vrou, Leandie (23), in die badkamer met drade vasgebind, terwyl een van die rowers rustig na die kitsbank by die Shell-vulstasie oorkant hul huis gestap het, om geld uit die egpaar se bankrekeninge te trek.
Dit was om die rekeningnommers te bekom dat hulle 'n pistool teen klein Liam (3 maande) se kop gedruk en gewaarsku het dat hulle sy "breins’ sal uitskiet as die egpaar vir hulle lieg.
“Ek het in die sitkamer met Willie se dogter, Leila (4), op my skoot gesit. Hulle wou my verkrag, maar het my uitgelos toe hulle vir Leila opmerk,” sê Annemarie.
Die nagmerrie-ondervinding het vir sowat twee ure geduur, waartydens die rowers glo verskeie kere op Willie geurineer en selfs opgegooi het om hom te verneder.
Volgens konst. Sellwane Legai, ‘n polisiewoordvoerder, het die vier rowers die gesteelde goedere in die familie se silwer Citroen C2 gelaai en daarmee gevlug.
Die gesin het daarna ADT-sekuriteit ontbied, wat op hul beurt die polisie en Vaal Emergency Care gekontak het. Die gesin is vir skok en ligte beserings behandel. Die Sasolburg-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en motordiefstal.

http://vaalweekblad.com/index.php?option=com_content&view=article&id=2570:-rowers-dreig-egpaar-se-baba-met-die-dood&catid=1:warm-nuus&Itemid=27
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.