Kan ons die glo of is dit nou maar net heuning

Go down

Kan ons die glo of is dit nou maar net heuning

Pos  Ice_Age0 on Sat Mar 27, 2010 12:30 am

'Staat sal nie grond nasionaliseer'
2010/03/24 05:25:00 PM

Mar 26 2010 16:46


Kaapstad. – Mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het Woensdag enige bewerings verwerp dat die regering beplan om grond te nasionaliseer as deel van sy grondhervormingsprogram.

Hy het ook gesê die groenskrif oor landbou-transformasie en grondhervorming sal na verwagting teen die einde van April by die parlement ingedien word.

Hy het gepraat in die Nasionale Vergadering en het voorgestel dat die huidige grondlooptydstelsel hersien word.

’n Drievlak-stelsel word voorgestel – staatsgrond onder huurbesit, private grond onder eiendomsbesit met beperkte omvang, en buitelandse eienaarskap met wisselvallige looptyd wat verband hou met produktiwiteit en vennootskapmodelle met Suid-Afrikaanse burgers.

Dié stelsel sal gebaseer word op ’n “kategoriseringsmodel” wat gevoed sal word deur grondgebruikbehoeftes op die vlakke van huishouding, kleinhoewe en kommersiële boerdery.

“Ons het geensins oor enige nasionalisering van grond gepraat nie. Kom ons stop daardie debat, dit bestaan nie,” het hy gesê.

Nkwinti het toegegee dat die transformasieprogramme wat tot op hede in werking gestel is, nie volhoubaar was nie en nie die verwagte voordele aan die begunstigdes van die program verskaf het nie. – Sapa

http://www.sake24.com/articles/default/display_article.aspx?Channel=News_Landbou&ArticleId=6-2067_2577251&IsColumnistStory=False
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Re: Kan ons die glo of is dit nou maar net heuning

Pos  Hendrik Muller on Sun Mar 28, 2010 10:32 am

Ek dink dit is net n lieg storie, hulle kyk nog eers waar en wie maak geld op die plaas en wilds plaas voor hulle gaan onteien.

Boere Groete
Hendrik
avatar
Hendrik Muller
Burger
Burger

Aantal posstukke : 54
Join date : 2010-03-19

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.