Nasionalisering is nie altyd ’n vrot idee nie

Go down

Nasionalisering is nie altyd ’n vrot idee nie

Pos  Ice_Age0 on Sat Mar 27, 2010 12:40 am

Mnr. Julius Malema en sy napraters het die afgelope tyd gereeld in die openbaar gesê Suid-Afrikaanse myne moet genasionaliseer word.

Nasionalisering is ’n proses waardeur die regering bates verkry wat in private besit is, of in die besit van ander vlakke van die regering, soos munisipaliteite.

Dit behels gewoonlik die verpligte verkoop van ’n bate aan die staat.

Sommige regerings onteien private bates. Dit beteken dat hulle die private eienaars dwing om die bates teen ’n prys wat die regering vasgestel het, te verkoop. Dit is dikwels baie minder as die billike waarde daarvan. Soms sal regerings eenvoudig bates onteien, sonder enige vergoeding.

Volgens sommige sosialiste bied staatseienaarskap aan die mense van die land die geleentheid om volle demokratiese beheer uit te oefen oor die middele, soos myne, waaruit hulle ’n lewe maak.

Hoewel baie mense dadelik wil wal gooi as iemand soos Malema oor nasionalisering praat, is daar in teorie nadele én voordele daaraan verbonde.

Genasionaliseerde ondernemings moet dikwels verliesmakende aktiwiteite, soos landelike aktiwiteite en pos- en vervoerdienste, bedryf vanweë die maatskaplike voordele daarvan.

Aangesien genasionaliseerde ondernemings aan die regering behoort, is die regering verantwoordelik vir enige skuld wat sulke ondernemings aangaan. Dit kan tot ’n groter belastinglas op ’n land se burgers lei.

As ’n genasionaliseerde onderneming wel winsgewend is, kan dié wins gebruik word om vir ander regeringsdienste, soos maatskaplike programme en regeringsnavorsing, te betaal. Dit kan weer die belastinglas verlig.

Baie staatsbeheerde instellings het nie ’n baie goeie reputasie wat hul finansiële sake betref nie. Dink maar aan Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens.

Dit is egter in sommige gevalle noodsaaklik om ’n onderneming te nasionaliseer ten einde dit te red. Die reddingpakkette wat die Amerikaanse regering vir verskeie banke gegee het, was weinig anders as die nasionalisering van sulke banke. Sonder die regering se hulp en geld sou baie van dié banke gesink het. – René Vollgraaff

- Bron: The South African Dictionary of Finance deur Rudy Wuite.

- Stuur gerus voorstelle vir dié rubriek na sakevirleke@sake24. com of faks dit na 011 713 9959.
http://www.sake24.com/articles/default/display_article.aspx?ArticleId=2561337

Het hulle dit ook nie gesê in Zimbabwe nie
toe vat die politieke leiers die grond vir hulle self en nou is dit dood en onbewerk
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Re: Nasionalisering is nie altyd ’n vrot idee nie

Pos  Hendrik Muller on Sun Mar 28, 2010 10:18 am

As ’n genasionaliseerde onderneming wel winsgewend is, kan dié wins gebruik word om vir ander regeringsdienste, soos maatskaplike programme en regeringsnavorsing, te betaal. Dit kan weer die belastinglas verlig.

Die dag as dit gebeur in die nsa dan haal ek my BOERE HOED af want dan doen malema en die anc alles wat teen hulle beginsels is. Hulle kan net steel, kyk na malema se miljoene.

Boere Groete
Hendrik Exclamation Exclamation
avatar
Hendrik Muller
Burger
Burger

Aantal posstukke : 54
Join date : 2010-03-19

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.