Veral in die vakansie tye hou maar jou kaart in jou sak

Go down

Veral in die vakansie tye hou maar jou kaart in jou sak

Pos  Ice_Age0 on Mon Mar 29, 2010 9:25 pm

Boer sien in sms'e hoe rekening leeggetrek word
2010-03-29 09:20


Mnr. Koot Jonker met sy selfoon. Hy kon per sms dophou hoe skelfms sy bankrekening leegtrek.


Johan Britz

Kroonstad. – ’n Boer van dié dorp het magteloos toegekyk hoe altesame tien SMS’e een ná die ander op sy selfoon deurkom toe skelms, wat vermoedelik sy bankkaart gekopieer het, sy rekening leeggetrek het totdat daar uiteindelik net R2 oorgebly het.

“Daar was meer as R8000 in dié rekening,” het mnr. Koot Jonker van die plaas Meintjiesrus, tussen Kroonstad en Vredefort, aan Beeld gesê.

Die voorval blyk nie ’n ongewone verskynsel te wees nie.

Kapt. Msisitheki Selima, woordvoerder van die polisie in Kroonstad, sê ’n hele aantal bykans soortgelyke voorvalle in die dorp is reeds onder die polisie se aandag gebring.

Beeld het intussen ook verneem van vier soortgelyke voorvalle in Kroonstad en een in Edenville.

“Ek laat nooit my bankkaart onder my oë uit nie. Ek is altyd by as ’n kassier my kaart deur die masjien trek,” het Jonker vertel.

Dié bankrekening gebruik Jonker uitsluitlik vir dieselaankope vir sy vervoeronderneming, Stokstert-vervoer.

“Die selfoon se battery was pap en ek het dit aan die laaier gekoppel. Ek het die foon deur die nag gelaai.

“Die volgende oggend het ek eers die tien SMS’e (wat die bank aan rekeninghouers stuur ná elke aankoop of onttrekking van meer as R100) gesien.”

Jonker het gesê die skok was baie groot toe hy besef sy bankrekening is bykans dolleeg. Hy het nog dié SMS’e op sy foon.

Jonker se seun, Adri,het gesê: “Ek dink as die OTM munte kon gee, het hulle seker die R2 ook getrek.”

Ofskoon dit reeds te laat was, het Jonker sr. dadelik die bankkaart gestop.

“Die bankgroep het my ’n eisvorm gegee om te voltooi. Die bank het gesê ek kan die geld terugkry nadat die eis afgehandel is.”

Jonker sr. het ook ’n klag by die Kroonstadse polisie ingedien.

“Waar en wanneer die kaart gekloon is, weet ek nie,” het ’n magtelose Jonker bygevoeg.

Jonker jr. het gesê dié voorval laat ’n mens wonder waar jy deesdae nog jou geld veilig kan hou.


http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/a4907bff80c045249182e59799c7b5aa/29-03-2010-09-20/Boer_sien_in_smse_hoe_rekening_leeggetrek_word


Kontant is BAAS
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.