Afrikaans is dood hoekom ruggraatloos en geldlief is dit of nie

Go down

Afrikaans is dood hoekom ruggraatloos en geldlief is dit of nie

Pos  Ice_Age0 on Mon Mar 29, 2010 10:48 pm

In Breyten se eie woorde...
2010-03-28 00:39


Breyten Breytenbach

Marlene Malan

Daar’s vier groeperinge in Suid-Afrika wat Afrikaans doodwurg, sê die digter Breyten Breytenbach:

“Die wit opportuniste – die Skelm- bosse slimgat-, gatkruipende spesie; sommige bruin intellektuele, vir wie enige moedertaal maar net ’n eendagsvliegie is; onse Stalinistiese heersende party wat mentally colo­nised is en kultureel so inheems is soos ’n Malema; en al die ‘laat-God-water-oor-Gods-akker-loop’- sjaam- lopers, sjeim, want solank die taal in die kroeg en om die braaivuur gepraat word, is sy mos nie dood nie.”

Dis veral “die gekoloniseerde wit Afrikaners wat hulle neuse gedienstig draai na die agterstewe van mag. Die ape met die goue ringe,” sê Breytenbach.

“Dit is so dat die taal amptelik beveg word deur stommerike wat in ’n totale geestelike en politieke verwarring leef, ahistories dink, en skynbaar glo jy het iewers gekom as jy op die maan in die water kan loop met Engelse sokkies gemaak in China. Maar eintlik gaan dit dood aan onverskilligheid en verwaarlosing en minagting.”

Daar is uiteenlopende motiewe waarom mense van Afrikaans ontslae wil raak, sê hy.

“As die Kubane ’n heersende invloed kon hê op die bevryding van Suid-Afrika, sou die meeste van Skellumbos se slim akademici vandag hoog en laag in Spaans gekweel het. Die ‘motiewe’ vir die gebukkend staan met ’n lang tong is ’n minderwaardigheidskompleks, ’n gebrek aan integriteit en historiese begrip, dom-onnoselheid, opportunisme en politieke gedienstigheid, wit arrogansie, ’n brandende behoefte to keep up with the Joneses, ’n ewe sterk behoefte om oor te loop na wie ook al die kitaar slaan, geestelike kolonisering. Ook gjelt.”

Vraag: Sal swart mense en Engels­sprekende wittes hulle nie doodlag vir Afrikaanssprekendes se gewroeg nie?

Antwoord: “Seker, as hulle kennis neem van ons skynheiligheid en agterlike parogiale gedrag”.

Breytenbach sê die soort Engels wat Suid-Afrikaners deesdae kollektief “in ons nie-taaldiversiteit pleeg, is gemorstaal”.

“Die Britte, Amerikaners, Nige­riërs en Indiërs behoort ’n interna­sio­nale verbod te plaas op die opgemixte en cliché-besoedelde Engels wat te lande gepleeg word.

“Daar het ons pragmatiste dit nou: ’n Bevolking en veral ’n politieke estab­lish­ment vir wie Engels ’n tweede of derde of vierde taal is, en almal dink nou hulle kan sing soos Maria Callas.

“Die resultaat is verskraalde en gebrutaliseerde denke in papegaaitaal. Nou is ons almal so slim soos Malema! Maar, beweer ons filosoof, op dié manier gaan ons uitmuntend wees?… Hy verstaan nie wat die begrip ‘taal’ beteken nie. Hy weet nie dat taal die uitdrukking is van verbeelding, skepping, individualiteit nie, en dat jy jou net volledig en oorspronklik kan uitdruk in die taal wat jou eie is. Taal is nié net ’n middel om kennis oor te dra nie.”

Vraag: Waarom is Afrikaans se behoud op die Matie-kampus spesifiek belangrik?

Antwoord: “Omdat die Universiteit van Stellenbosch (US) in ’n tradisioneel oorwegend Afrikaanstalige omgewing lê. Omdat daar nog goeie mense op Stellenbosch is wat Afrikaans praat en uitbou. Omdat daar mense soos Opperman en Degenaar op Stellenbosch was wat met trots universeel, uitmuntend en vreesloos was in hul eie taal, en besef het hoe belangrik die lewenswêreld gevorm deur watter afsonderlike taal dan ook vir die wêreldgemeenskap is?…

“Maar Stellenbosch wou uit ’n diepgewortelde bourgeois-pretensie en -arrogansie nog nooit voldoen aan die legitieme verwagtinge van sy normale opvanggebied – Afrikaanstalig , oorwegend bruin en arm – nie.

“Die US was op skouspelagtige wyse die intellektuele bakermat van die vorige bedeling, en wil nou ewe skouspelagtig die huidige bedeling na die mond praat.

“Hy skuil agter allerlei hoogdrawende argumente, terwyl dit eintlik maar gaan oor ruggraatloosheid, kortsigtigheid en geld?… ”

http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/5a1f187ef6a04c5ba672e9084c2022fe/28-03-2010-12-39/In_Breyten_se_eie_woorde
avatar
Ice_Age0
Burger
Burger

Aantal posstukke : 41
Join date : 2010-03-18

http://bbbeweging.noadsfree.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.