Gevreesde siekte aan die loop

Go down

Gevreesde siekte aan die loop

Pos  verewigBoerSeun on Tue Mar 30, 2010 11:30 pm

Gevreesde virus versprei na Wes-Kaap
2010-03-30 08:35

Kaapstad - Die gevreesde slenkdalkoors het na die Wes-Kaap versprei met 'n veearts wat vermoedelik dié virus opgedoen en 14 diere wat reeds gevrek het.

Die provinsiale departement van landbou en gesondheid het Maandag gesê die man het glo dié virus opgedoen terwyl hy 'n nadoodse ondersoek op twee dooie koeie gedoen het.

Wouter Kriel, 'n woordvoerder van die provinsiale departement van landbou, het gesê twee Jersey-koeie het naby die grens van die Noord- en Wes-Kaap gevrek.

Twaalf Merino-lammers het op 'n plaas in die ooste van Beaufort-Wes gevrek.

Helene Rossouw, 'n woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die veearts se simptome sluit in koors, erge hoofpyn, spierpyn en erge oogpyn.

Bloedmonsters is geneem om die oorsaak van die simptome vas te stel. Die man is onder mediese toesig by sy huis en sy toestand is stabiel.

'n Totaal van 63 mense landwyd is met dié virus besmet.

Volgens die departement van gesondheid is 54 van dié gevalle en twee sterftes in die Vrystaat aangemeld. Vier gevalle is in die Oos-Kaap en vyf gevalle in die Noord-Kaap aangemeld.

Kriel het skaap- en veeboere aangeraai om nie hul vee in nat, laagliggende gebiede met 'n groot muskietbevolking te laat wei nie.

"Die gebruik van insekdoders kan oorweeg word vir waardevolle vee. Omdat dit 'n virale siekte is, is geen spesifieke behandeling beskikbaar nie," het Kriel gesê.

Kriel het gesê sy departement het 'n verdere 40 000 dosisse slenkdalkoors-entstof bestel, wat oor die volgende paar weke gebruik gaan word.

In November verlede jaar is 90 000 dosisse entstof deur private veeartse in die Swartland-, Weskus- en Ceres-gebiede toegedien.

– Sapa

http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/104c126243d74677bc27f70a73c6cead/30-03-2010-08-35/Gevreesde_virus_versprei_na_Wes-Kaap

_________________
n Volk met n visie is n Volk met n toekoms, n Volk met n begeerte is n Volk wat oorleef, n Volk in Jesus is n Volk met lewe, Handel in die geloof tot eer bewys aan God, Vertrou op God deur jou dade aan Hom op te dra.
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 50
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.