Hierdie is nou vir jou n grap

Go down

Hierdie is nou vir jou n grap

Pos  verewigBoerSeun on Tue Mar 30, 2010 11:53 pm

Minister sê boere sal moet ‘saamwerk’ of...
2010-03-29 23:49

Pieter du Toit

Kaapstad – Boere sal moet “saamwerk” om ’n krisis “erger as Zimbabwe” te verhinder.

Só het mnr. Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, gister weer ’n salvo in die rigting van die landbougemeenskap afgevuur en boere gewaarsku.

Boonop blyk dit die tema van grondnasionalisering is, ondanks beloftes tot die teendeel, nie van die tafel af nie, omdat die minister self ’n voorstander daarvan is.

Hy het in ’n onderhoud met die ontleder Justice Malala op die eNews-kanaal gesê swart Suid-Afrikaners wil hê landbougrond moet, soos in die struggle-jare beloof is, genasionaliseer word. “Dit is die siening van swart Suid-Afrikaners?.?.?.?en ook myne. Mense wil radikale grondhervorming sien.”

Dit volg op weke van omstredenheid nadat die departement se strategiese plan, wat volgens waarnemers op grondnasionalisering neerkom, ter tafel gelê is. Nkwinti het verlede week in sy begrotingstoespraak gesê die regering sal grond nie summier afvat of die Grondwet verander nie, maar stel ’n drievlak-verblyfregstelsel voor.

Nkwinti se onbedekte aanval op boere staan in kontras met wat hy in die verlede oor kommersiële boere se rol in die grondhervormingsproses gesê het. Hy het boere in November verlede jaar in ’n onderhoud met Volksblad geloof vir hul toewyding tot die herstel van grondregte en ook niks behalwe goeie woorde nie vir hulle gehad op ’n onlangse Agri?SA-kongres op Somerset-Wes.

Aan Malala het Nkwinti gesê ’n tweede Zimbabwe moet verhinder word. “As hulle (boere) nie besef hulle moet saamwerk nie?.?.?.?sal hulle verantwoordelik gehou word vir die skep van toestande wat tot iets ergers as Zimbabwe kan lei.”

Hy het gesê die regering voorsien nie ’n verandering aan die Grondwet nie en dat die nuwe groenskrif oor grondhervorming gaan help met die raamwerk waarbinne grondoordrag kan plaasvind. Hy meen ook nie ’n radikale omwenteling sal voedselsekerheid bedreig nie, omdat “dit aan meer nuwelingboere die geleentheid sal bied om te produseer”.

Mnr. Frans Cronjé, uitvoerende adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het gesê dit is ondanks Nkwinti se woorde tot die teendeel duidelik “grondnasionalisering ís regeringsbeleid, dit staan swart op wit. Hy ontken dit, maar dit staan in die strategiese plan. As dit dan iets is wat verkeerdelik ingeglip het, waarom word die direkteur-generaal (mnr. Thozi Gwanya, wat dit opgestel het) nie gerepudieer nie?

“Ek glo hulle eenvoudig nie. Ek sal sover gaan om te sê hulle lieg.”

Cronjé meen sulke planne sal die land onherstelbare skade berokken en die einde van Suid-Afrika as ’n selfstandige, suksesvolle demokrasie beteken. “Ek kan nie dink dat die meeste swart Suid-Afrikaners, wat vir honderde jare nie toegang tot eiendomsreg kon kry nie, bereid sal wees om dit aan die staat te oorhandig nie.”

Mnr. Johannes Möller, Agri SA-president, het Nkwinti se “dubbelpratery” betreur en gesê sy organisasie se beplanning fokus as gevolg daarvan net op kort termyn, “maar ons is steeds bereid om saam te werk”.)

- Volksblad

http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/16e173e8e42642149ff45e6fb5ddff16/29-03-2010-11-49/Minister_s%C3%AA_boere_sal_moet_%E2%80%98saamwerk%E2%80%99_of

_________________
n Volk met n visie is n Volk met n toekoms, n Volk met n begeerte is n Volk wat oorleef, n Volk in Jesus is n Volk met lewe, Handel in die geloof tot eer bewys aan God, Vertrou op God deur jou dade aan Hom op te dra.
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 51
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Re: Hierdie is nou vir jou n grap

Pos  verewigBoerSeun on Tue Mar 30, 2010 11:58 pm

Om te dink 90% van die grond wat van Boere gekoop is om die sogenaamde black elite te laat groei lê bar en droog meet geen produksie nie

nou wil hulle hê Boere moet saam werk om die plase van Boere weg te vat en dit ook te laat lê en bar word
hoe werk die manne se koppe
nee wat zimbabwe hier kom ons ou julius malema is juis daar om te leer hoe om plase en voedsel produksie sy agterent te kan sien
So hou maar aan ons gaan sien wie lei die swaarste

_________________
n Volk met n visie is n Volk met n toekoms, n Volk met n begeerte is n Volk wat oorleef, n Volk in Jesus is n Volk met lewe, Handel in die geloof tot eer bewys aan God, Vertrou op God deur jou dade aan Hom op te dra.
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 51
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.