Nou gaan nog n slagoffer seker tronk toe

Go down

Nou gaan nog n slagoffer seker tronk toe

Pos  verewigBoerSeun on Wed Mar 31, 2010 12:02 am

Nog ’n boer dalk in hof


Mev. Kobie van Aswegen (sittende) praat hier met haar pa, mnr. Frans Calitz, net voordat haar man,



Mike van Rooyen

Nog ’n boer van die Bloemfontein-distrik verskyn waarskynlik vandag in die Bloemfonteinse landdroshof in verband met die dood van ’n jagter wat noodlottig op ’n plaas in die omgewing van Sannaspos gewond is.

Mnr. Nicolaas van Aswegen (32) van dieselfde omgewing is gister deur landdros Piet Bester op borgtog van R1 000 uitgelaat nadat aanklagte van moord en die onwettige rig van ’n vuurwapen teen hom teruggetrek is.

Hy word steeds aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Hy moet weer op 27 Mei in die landdroshof verskyn. Die polisie het glo op agt vuurwapens op sy plaas beslag gelê.

Nog ’n boer (64) het homself gistermiddag aan die polisie in Bloemspruit oorgegeeen? word aangehou in verband met die dood van mnr. Chanki Botsane van Botshabelo.

Die boer sal van moord aangekla word en waarskynlik vandag in die landdroshof verskyn. Die polisie het glo op drie vuurwapens van hom beslag gelê.

Boere in die omgewing ly geweldig skade deur diefstal op hul plase. Een van die boere het in ses maande sowat R250 000 se skade gely deurdat 34 beeste en 30 volstruise van hom gesteel is.

Volksblad verneem Botsane is Saterdagoggend dood nadat hy en nog drie mans met ’n klomp honde deur die veld van ’n buurman van Van Aswegen in die rigting van sy plaas aangestap het. Van Aswegen het glo ’n ander buurman verwittig.

Toe die groep vir Van Aswegen en sy buurman sien, het van hulle glo omgedraai terwyl minstens twee aanhou stap het. Skote is op die honde geskiet en een hond is doodgeskiet. Die twee jagters het gevlug en nog skote is glo op ’n ander hond geskiet.

Botsane is toe in die rug getref en nie sy hond nie. Die ander jagter het gaan staan en hom aan die boere oorgegee. Hy is na bewering aangerand.

Minstens 12 mense, onder wie Van Aswegen se vrou, Kobie, en ander familie en vriende het sy hofverskyning gister bygewoon.

Van hulle het aan Volksblad gesê hulle slaap nie meer snags nie, soos hulle moet wagstaan om te verhinder dat hulle rot en kaal besteel word op hul plase.

Dit is veral jagters en veediewe uit die nabygeleë Botshabelo wat groot skade aanrig, sê hulle.

Mnr. Nico Naudé van Honey-prokureurs het vir Van Aswegen opgetree.

- Volksblad


http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/23a9eb952ce34eae96b5da22319ef8b5/30-03-2010-01-22/Nog_%E2%80%99n_boer_dalk_in_hof

_________________
n Volk met n visie is n Volk met n toekoms, n Volk met n begeerte is n Volk wat oorleef, n Volk in Jesus is n Volk met lewe, Handel in die geloof tot eer bewys aan God, Vertrou op God deur jou dade aan Hom op te dra.
avatar
verewigBoerSeun
Kampkommandant
Kampkommandant

Aantal posstukke : 73
Join date : 2010-02-21
Age : 50
Ligging : Boere Republiek

http://homehds.uuq.com

Terug na bo Go down

Terug na bo


 
Permissions in this forum:
Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.